Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Polisielede krepeer ná jare se lojale diens

Hulle het die beste jare van hul lewe vir die polisie gegee en hul lewens op die spel geplaas om skelms agterna te sit en Suid-Afrika ’n beter plek te maak.

Roebel Botha is medies ongeskik verklaar nadat hy seergekry het toe hy ’n duikrol oor ’n sandsak gemaak het. Foto: Elizabeth Sejake

Maar jare nadat 65 polisielede die mag weens trauma of beserings aan diens moes verlaat, wag hulle steeds op hul pensioen of vergoeding en moet baie van hulle los werkies doen om kos op die tafel te sit.

Hulle sê dis verraad.

Een van die desperate oudpolisielede is André Botha (47), ’n voormalige lid van die presidensiële beveiligingseenheid wat eens mense soos dr. Naledi Pandor opgepas het. Hy wag nou al 18 jaar vir sy polisiepensioen nadat gewapende rowers hom en sy gesin in 2002 oorval en hom geskiet het.

Uwe Mohr het aanhoudend pyn ná rugoperasies wat uitgevoer is nadat hy by die werk op ’n politoerlap gegly het.

Hy is terug werk toe, maar kon weens sy geestestoestand nie weer as lyfwag werk nie. Hy het vir ’n rukkie kantoorwerk gedoen, voordat hy dieselfde jaar nog op stresverlof geplaas en uiteindelik weens posttraumatiese stresversteuring medies ongeskik verklaar is. Sy salaris en mediese fonds is in 2006 gestaak en hy het sedertdien nog nie ’n sent van sy pensioen ontvang nie. “Ek is teleurgesteld. Jy staan alleen. Op die ou end is jy net ’n nommer,” sê hy.

Hy is een van 65 polisielede wie se lêers al vir jare hoopvol bewaar word deur Charmaine Botha, wie se man, Roebel (56), in 1999 medies ongeskik verklaar is nadat hy in 1992 in ’n duikrol oor ’n sandsak beseer is.

Rapport het ook die afgelope week gesels met Uwe Mohr (53), wat pen­sioen ontvang, maar 40 kg verloor het in die jaar wat hy daarvoor moes wag omdat hy nie geld vir kos gehad het nie.

Uwe Mohr het aanhoudend pyn ná rugoperasies wat uitgevoer is nadat hy by die werk op ’n politoerlap gegly het.

Mohr was 18 jaar lank ’n adjudant-offisier in die mobilisasie-eenheid (deesdae Vispol) toe hy in Augustus 2008 op ’n politoerlap gegly en “gat oor kop” teen ’n muur by die polisiekantoor geval het.

“Ek het my nek en rug erg seergemaak. Daar was ook ’n gat in my kop, een in my regterarm naby my elmboog en my regtergewrig het seergekry.” Sy L3- en L4-werwels is aan mekaar geheg en nog twee rugoperasies het gevolg. Hy is in November 2013 medies ongeskik verklaar, maar moes amper ’n jaar wag vir sy eerste pensioenuitbetaling. “Ek het in daardie jaar ook my huis en motors, wat op huurkoop was, verloor,” sê Mohr.

Maande na dié besering is sy armspier afgeruk toe hy ’n staaldeur by die Polisie-kollege in Pretoria-Wes oopgerol het. Skroewe is in sy arm geplaas. Weens sy beserings het hy elke minuut van die dag pyn. In ’n stadium was daar 16 skroewe in sy rug, wat in 2016 en ’17 verwyder is. Hy betaal steeds vir al die operasies uit sy maandelikse ongeskiktheidspensioen van R13 700.

Ná albei beserings het hy vir vergoeding by die ongevalle-kommissaris aansoek gedoen, maar het nog niks ontvang nie. Posttraumatiese stresversteuring is in die laat 1990’s by Mohr gediagnoseer. Hy het homself vier keer om die lewe probeer bring. Vandag haat hy die polisie.

“Daar is op jou geskiet. Ek het dooie kinders opgetel. Ek is bang ek sterf voordat ek daai geld kry. Baie ander lede is dood voor hulle hul geld gekry het. Ek het 24/7, 365 dae van die jaar pyn.” Mohr is aan pynpille verslaaf en kan weens die pyn nie daarsonder nie.

André Botha was in 2002 lid van ’n veiligheidspan wat ministers opgepas het toe hy in ’n gewapende roof by sy huis geskiet is. Foto: Elizabeth Sejake

“Wanneer ek dit nie kan bekostig nie, kruip ek letterlik van die pyn. Ek het my lewe vir die polisie gegee. Ons is verniel en nou word daar verder op ons getrap.”

Rapport is die afgelope week van bakboord na stuurboord gestuur om antwoorde te kry. Kol. Brenda Muridili, ’n polisiewoordvoerder, het gesê die mensehulpbronneafdeling wag steeds vir terugvoering van die Staatspensioenadministrasie (GPAA) oor die uitbetalings.

Mack Lewele, kommunikasiebestuurder van die GPAA, sê hulle hanteer slegs “goedgekeurde sake. Ons keur nie prosesaansoeke goed of af nie.”

Hlonitshwa Mpaka, woordvoerder van die vergoedingsfonds, het teen druktyd nie op navrae gereageer nie.

Oor Dreyer se saak sê Muridili ’n toekenningsbrief is verkeerdelik aan hom uitgereik en dat die brief wat hy ontvang het bedoel was vir ’n lid van korrektiewe dienste met dieselfde voorletters en van en dat die fout skynbaar by die GPAA gebeur het. “Geen vergoeding is toegestaan aan die J.A. Dreyer wat in die polisie gewerk het nie.”

Jean-Ray Pearton, ’n prokureur wat die groep help, sê hy wil die Valke nader om die sake te ondersoek. “Hoe sleg is dit dat jou eie werkgewer nie kan toesien dat jy uitbetaal word nie?”

Meer oor:  Charmaine Botha
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.