Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Polisielede snel vrou in kraam in afgeleë gebied te hulp

Polisielede in Noordwes het Saterdag vroedvrou gespeel en gehelp om ’n gesonde babameisie in die lewe te bring.

Die drama het omstreeks 06:00 begin toe die polisie in Vorstershoop ’n benoude oproep kry dat ’n 22-jarige vrou in die Monotomosetlha-nedersetting in die omgewing in kraam is.

Vorstershoop is een van die mees afgeleë dele van Noordwes teenaan die Botswana-grens.

Brig. Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder in Noordwes, het in ’n mediaverklaring gesê vier konstabels en ’n data-tikster het dadelik besef dis ’n krisis omdat die nedersetting so afgeleë is en nie maklik bereikbaar is vir gemeenskapsdienste nie.

Die polisielede het ook ’n ambulans ontbied terwyl hulle hulself na die toneel gehaas het.

Die haastige baba het die nooddienste egter voorgespring. Twee van die vroulike konstabels het toe moue opgerol om Susan Thompe tydens haar baba se geboorte by te staan.

“Die vrou en haar baba (Orefile) is omstreeks 09:00 veilig aan die nooddienste oorhandig nadat die ambulans van Morokweng opgedaag het,” het Mokgwabone gesê.

Genl. Sello Kwena, polisiekommissaris in Noordwes, het die lede geluk gewens omdat hulle meer as net hul plig gedoen het.

Konstabels Mphonyane Batumile en Keneilwe Melk (naaste aan die kamera) Saterdagoggend saam met klein Orefile. Foto: Verskaf
Die polisielede Saterdag by Susan Thompe en haar baba, Orefile, nadat hulle die kleinding in die lewe help bring het. Foto: Verskaf

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.