Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Polisielid eerste vrou wat Casspir mag bestuur

Die droom van ’n polisielid van die openbare-orde-eenheid in Springbok in die Noord-Kaap om die eerste vrou in die provinsie te word wat ’n Casspir in onluste-situasies mag bestuur, is bewaarheid.

Konst. Amy Fielding se vasberadenheid het selfs genl.maj. Henriette de Waal, waarnemende provinsiale kommissaris van die polisie in die Noord-Kaap, stomgeslaan én beïndruk, sê kol. Mashay Gamieldien, polisiewoordvoerder.

“Daar word gesê dinamiet kom in klein pakkies, en hiervan is die tenger, jong, energieke konst. Fielding ’n sprekende voorbeeld,” het Gamieldien met ’n groot glimlag gesê.

Konst. Amy Fielding van die openbare-orde-eenheid in Springbok het hoog gemik en haar droom bewaarheid om die eerste vrouelid van die polisie in die Noord-Kaap te word wat ’n Casspir in onluste-situasies mag bestuur.

Fielding het onlangs haar kode 10-lisensie bekom, maar dit was nie vir haar genoeg nie. Sy wou goedkeuring kry om die Casspir in onluste-situasies te bestuur.

Tradisioneel word slegs mans toegelaat om dié gepantserde swaarpolisievoertuie in gevaarlike situasies te bestuur.

Dit het Fielding nie van stryk gebring nie en haar voortgesette vasberadenheid om dié doel te bereik het vrugte afgewerp toe sy by die polisie se opleidingsentrum in Springbok vir die Casspir uitgepasseer het.

Fielding was reeds Maandag op haar pos in Prieska, waar betogings in dié Noord-Kaapse dorp voorgekom het.

Sy kon daarom nog nie om kommentaar bereik word nie, maar Gamieldien sê die Noord-Kaapse polisie is baie trots op wat sy bereik het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.