Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Polisielid skiet per abuis baba toe hy regmaak vir werk

Die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod) ondersoek ’n voorval waarin ’n polisiebeampte van Welkom in die Vrystaatse Goudveld sy babadogtertjie per ongeluk raakgeskiet het.

Die voorval het Maandag in die 33-jarige polisieman se huis in Thabong, Welkom, gebeur terwyl die beampte, wat in die Bronville-polisiekantoor gestasioneer is, besig was om vir werk gereed te maak.

Brig. Motantsi Makhele, provinsiale polisiewoordvoerder, sê die beampte wou glo sy vuurwapen in sy pistoolsak sit toe ’n skoot afgegaan het en sy dogtertjie (12 maande) in die bolyf getref is.

Die meisie is eers in die Bongani-hospitaal in Welkom opgeneem voordat sy glo per helikopter na die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein geneem is.

Sy is reeds geopereer en is in ’n stabiele toestand in die pediatriese waakeenheid van dié hospitaal.

Volgens Makhele is ’n saak van die nalatige hantering van ’n vuurwapen aanhangig gemaak. Die saak is intussen na Opod verwys.

Sontaga Seisa, waarnemende nasionale woordvoerder van Opod, het nie Donderdag dadelik op navrae reageer nie.

Meer oor:  Welkom
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.