Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Polisieman dood, 5 beseer in ongeluk

’n Polisiebeampte is dood en vyf ander is beseer, toe die minibus waarin hy en sy kollegas onderweg was, in ’n ongeluk betrokke was.

Die ongeluk het Saterdag op die M4-snelweg in Port Elizabeth plaasgevind.

Kol. Sibongile Soci, provinsiale polisiewoordvoerder, sê vyf ander polisiebeamptes (die oorledene se kollegas) is in die hospitaal opgeneem.

Volgens Soci was die span Saterdag van die Nqura Sea Port na hul kantore in Govan Mbeki-Rylaan onderweg toe die bestuurder vermoedelik beheer oor die minibus verloor het.

Die minibus het teen ’n paal gebots en buite beheer begin spin.

Geen ander voertuig was in die ongeluk betrokke nie.

Die polisie ondersoek ’n saak van strafbare manslag.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.