Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Polisieman getref op ongelukstoneel en sterf

Bloemfontein. – ’n Polisiekonstabel van Reddersburg in die Vrystaat is dood nadat hy Saterdagaand op ’n ongelukstoneel op die N6 tussen Reddersburg en Smithfield raakgery is.

Konst. Ntono Ried (34) en sy kollegas van die Reddersburg-polisiekantoor was Saterdag omstreeks 19:30 besig met pligte op ’n ongelukstoneel – sowat 10 km buite Reddersburg – waar ’n vragmotor en twee voertuie gebots het. ’n Ander motor het toe vir Ried raakgery.

Ried is op die oorspronklike ongelukstoneel dood verklaar.

Sers. Ikobeng Hlubi, polisiewoordvoerder, sê die beampte het die verkeer op die ongelukstoneel gereguleer terwyl sy kollegas besig was om inligting te kry by die mense wat betrokke was in die eerste ongeluk.

Die bestuurder van ’n Suzuki-motor het Ried raakgery.

Ried het aan sy beserings beswyk voordat paramedici op die toneel opgedaag het.

Ried se kollegas, wat die ongeluk sien gebeur het, is na die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein gebring waar ’n polisiekapelaan en maatskaplike werker hulle ontmoet het.

Volgens Hlubi word ’n aanklag van strafbare manslag in verband met Ried se dood ondersoek en is niemand nog in hegtenis geneem nie.

Lt.genl. Thabethe Mpembe, die Vrystaatse provinsiale polisiekommissaris, sê die polisie in die Vrystaat is diep deur die ontydige afsterwe van Ried geraak.

“Motoriste word weer daarop gewys dat hulle waaksaam moet wees vir enige polisie-, nooddiens- of verkeersoptrede op ons paaie en hul spoed moet aanpas.

“Aan die familie wil ek sê dat hy deur gebede en mooi herinneringe onthou sal word. Mag die Here se liefde julle dra en bemoedig in die moeilike tyd,” sê Mpembe.
) Vyf mense is met geringe beserings na die hospitaal op Smithfield gebring ná die ongeluk waarheen Ried en sy kollegas ontbied is. 

Meer oor:  Doodgery  |  Polisieman
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.