Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Polisieman glo per ongeluk deur kollega doodgeskiet

’n Polisieman (27) is Donderdag in ’n plaaslike hospitaal dood nadat hy na bewering deur ’n kollega in Daveyton aan die Oos-Rand geskiet is.

“Die voorval het omstreeks 02:15 gebeur. Die lid was deel van ’n span wat na ’n misdaadtoneel ontbied is om ondersteuning aan ander lede te gee. Hy is getref toe een van sy kollegas in die sitplek agter hom ’n vuurwapen wou uithaal en dit toe afgegaan het.

“Hulle was in daardie stadium besig om verdagtes agterna te sit toe die voorval gebeur,” sê Ndikela Cola, woordvoerder van die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod).

“Op die oog af lyk dit of die vuurwapen per abuis afgegaan het, maar ons moet die omstandighede ondersoek. Ons sal ooggetuies ondervra. Sodra ’n voorlopige verslag saamgestel is, sal ons verdere besonderhede bekendmaak,” sê Cola.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.