Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Polisieman se lyk in manstoilet gevind

Die polisie in die Vrystaat is in rou gedompel ná die dood van ’n konstabel in Bloemfontein.

Die 27-jarige konstabel se lyk is Maandagaand met ’n skietwond aan die kop in die manstoilet by die Parkweg-polisiekantoor in Bloemfontein gekry.

Lt.kol. Thandi Mbambo, provinsiale woordvoerder, het sy simpatie met die familie van die oorledene betuig.

Volgens Mbambo is die konstabel se lyk omstreeks 18:15 deur ’n kollega gevind.

“Hy het ’n skietwond aan sy kop gehad en sy dienspistool het langs hom gelê.”

Sy sê die geregsdienaar moes Sondag vir diens aanmeld, maar het nie. Hy het ook nie Maandagaand vir parade aangemeld.

Sy sê geen gemene spel word vermoed nie. “Die polisie se topbestuur is geruk deur die skielike dood van een van hul eie.”

Die polisieman se naam word weerhou totdat sy familie in kennis gestel is.

Meer oor:  Bloemfontein  |  Selfdood  |  Polisieman  |  Liggaam
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.