Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Polisiesuksesse in Limpopo tydens die Paasnaweek
Van die dagga waarop die polisie in Giyani in Limpopo beslag gelê het. Foto: SAPD
Die polisie in Ritavi buite Tzaneen het op die jaggeweer beslag gelê tydens ’n misdaadvoorkomingsveldtog.Foto: SAPD

’n Jaggeweer, dagga en ongelisensieërde vuurwapens is van die goedere waarop die polisie in Limpopo sedert Vrydag tydens misdaadvoorkomingsaksies beslag gelê het.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder in Limpopo, sê dit is deel van die suksesse van die polisie se Operasie Paseka, wat landwyd daarop gemik is om misdaad tydens die Paasnaweek te bekamp.

Die jaggeweer, ’n plasma TV, ’n kompressor en ’n sweismasjien van sowat R20 000 is by drie mans in Ritavi, buite Tzaneen, gekry. Die drie mans is in hegtenis geneem en sal Dinsdag in die landdroshof in Ritavi verskyn.

In Giyani is vyf verdagtes in hegtenis geneem nadat 3,6 kg dagga van sowat R5 000 by hulle gekry is. Die polisie het ook op R991 in kontant beslag gelê.

Ngoepe sê die mans het vermoedelik die dagga verkoop.

Drie mans van onderskeidelik 23, 26 en 31 jaar oud is in Burgersfort in hegtenis geneem weens die besit van twee ongelisensieërde 9mm-pistole.

’n Man (46) is in Seshego, buite Polokwane, ook weens die onwettige besit van ’n 9mm-pistool in hegtenis geneem.

Ngoepe sê in Mankweng, sowat 30 km buite Polokwane, is ’n man (23) weens moord, ’n gewapende huisrooftog en bedrog in hegtenis geneem. Die polisie het boonop op ’n skootrekenaar beslag gelê wat die man glo gebruik het om vals identiteitsdokumente en paspoorte mee te druk.

Die man sal Dinsdag in die landdroshof in Mankweng op aanklagte van moord, gewapende roof en bedrog verskyn.

Meer oor:  Polokwane  |  Onwettig  |  Polisie  |  Vuurwapens
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.