Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Polisievakbond ontstig oor weermag in Vlakte
Bheki Cele, minister van polisie. Foto: Edrea du Toit

Die Suid-Afrikaanse Polisie-unie (Sapu) is ontstig omdat die ontplooiing van lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) op die bendegeteisterde Kaapse Vlakte nie met hulle bespreek is nie.

Die polisievakbond oorweeg dit selfs om polisiebeamptes weens die gebrek aan raadpleging te onttrek uit gebiede waar die weermag ontplooi is, sê Tumelo Mogodiseng, sekretaris-generaal van die polisievakbond, in ’n verklaring.

Mogodiseng doen ’n beroep op Bheki Cele, minister van polisie, om Sapu steeds ter elfder ure te raadpleeg.

“As ’n belangrike belangegroep is ons lede van mening dat ons behoorlik oor die moontlike ontplooiing van die soldate geraadpleeg moes word. Ons grootste bron van kommer is dat ons nooit hieroor geraadpleeg is nie en nou word daar van ons lede verwag om saam met die weermag te werk sonder om behoorlik ingelig te wees.”

Hy sê hulle het in die verlede goed saamgewerk toe die weermag verskeie kere ontplooi is.

Mogodiseng benadruk dat die vakbond alle pogings om misdaad en geweld in die land te beveg ten volle ondersteun. Hy glo egter nie dat die ontplooiing van die weermag in die Wes-Kaap positiewe gevolge sal hê nie.

Dit is volgens hom ’n oefening in openbare betrekkinge.

“Ons is ook van mening dat dié korttermynoplossing polities gemotiveer is, eerder as deur die begeerte om misdaad in die provinsie hok te slaan.”

Genl. Khehla Sitole, nasionale polisiehoof, se leierskap word ook in die verklaring gekritiseer.

“Dit lyk asof die polisie homself bestuur. Die SAPD-bevelvoerder is nêrens nie.”

Meer oor:  Vlakte  |  Bendegeweld  |  Sapu  |  Weermag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.