Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Poolse paartjie wil binne 100 dae om Antarktika gaan seil

’n Poolse paartjie vertrek Woensdag uit Kaapstad op ’n seiljagvaart rondom Antarktika wat terselfdertyd die stryd van Hanna Leniec teen haar borskanker gedenk.

Leniec en haar lewensmaat, Mariusz Koper, wat ook kaptein is, mik om saam met sewe ervare bemanningslede op hul seiljag Katharsis II binne 100 dae om die vasteland van ys te seil.

Hanna Leniec en kaptein Mariusz ­Koper is gereed om binne 100 dae om Antarktika te seil. Foto: Marzahn Botha

Dit kan die eerste keer wees dat enigiemand so naby aan die kuslyn van Antarktika om die vasteland seil. Dit maak die vaart vinnig – en lewensgevaarlik.

Die vaart is met ’n jaar uitgestel omdat Leniec dieselfde tyd verlede jaar haar stryd teen borskanker begin het.

Ná bestraling is haar kankerseltelling nou normaal.

“My raad is: Laat jouself reeds op ’n jong ouderdom ondersoek,” sê sy. Haar projek Check-up! Don’t Let it Go is op jong vroue en vroueseevaarders gemik. “Fisiek is ek nóg nie wat ek was nie, maar my kop en wil is reg,” sê sy.

Leniec is die valkoog van die boot. Sy word sowat 20 m teen die mas opgehys om die seiljag vir ’n uur veilig deur die ysberge te navigeer.

Dit is yskoud daarbo, met temperature van -60 C.

“As ek daar bo sit, is dit ’n groot verantwoordelikheid wat op my skouers rus. Ek moet die boot deur bewegende en drywende ysberge stuur. Ek moet deurgange kan voorspel en ons boot van 22 m deurkry. In Antarktika is alles soos ’n legkaart.”

Leniec is ’n ouditeur. Koper het sy opvoedkundige uitgewersmaatskappy sowat nege jaar verlede verkoop, maar bestuur steeds ondernemings vanuit die seiljag se kajuit.

Dié seiljag is die paartjie van Warschau se huis vir tot nege maande van die jaar en het reeds 100 000 myl afgelê.

“Vir enige seeman tel Kaapstad en die Kaap die Goeie Hoop onder die groot vyf seilbestemmings. Ons plan is om kloksgewys om dié vasteland te seil en uiteindelik oor 100 dae by Hobart, Au­stralië, vas te meer,” sê ­Koper.

Hul voorbereiding duur al drie jaar.

“Dink net: nege mense moet vir 100 dae eet. Dit beteken dat meer as 1 000 etes berei en verpak word,” sê Koper.

Hulle wag op ’n infrarooikamera van oorsee.

’n Tweede satelliet en navigasiestelsel is ook geïnstalleer.

“Gewone radar sien nie al die drywende ysblokke nie, dus moet bykomende instrumente bykom,” sê Koper.

  • Die Katharsis II vertrek Woensdag van die V & A Waterfront. Kyk van die kaai naby die Foodcourt.
Meer oor:  Borskanker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.