Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
‘Pornovideo’s op WhatsApp-groep is Afrikaans’

Die vermeende pornografiese sindikaat wat die skrywer van Christelike literatuur geteister en met die dood gedreig het, het weer Sondagaand dreigboodskappe vir haar gestuur.

Elize van Swel saam met haar hase. Die lede op die WhatsApp-groep probeer glo elkeen geld vir dié 22 hase insamel. Foto: Verskaf

Martie Wessels het Maandag bevestig dat die pornografie wat op die groep gedeel word, plaaslik vervaardig is deur die mense op die groep. Dit volg nadat Elize van Swel vroeër gesê het dit is “oorsese” mense wat dit op die groep geplaas het.

“Daar word duidelik Afrikaans in die video’s gepraat. Verskoon my taal maar, ‘Jy kan maar jou lyf wys’ en soms selfs ‘Jy kan jou **** wys’ word in die video gehoor,” sê Wessels.

Sy sê sy het Sondagaand afsonderlike boodskappe met afskuwelike en ook dreigboodskappe gekry.

“Jy moet lekker rustig slaap vanaand,” was een van twee boodskappe van anonieme nommers wat sy Sondagaand ontvang het.

“Ek soek jou,” is ’n tweede boodskap van ’n ander persoon wat nie sy of haar naam vir Wessels wou gee nie.

Sers. Sipho Taliwe van die Warrenton-polisiekantoor bevestig dat Wessels Maandagoggend nuwe bewyse na die kantoor gebring het.

Sy het Donderdag ’n klag van intimidasie ingedien, maar het Maandagoggend nuwe bewyse gehad. Die saak word volgens Taliwe ondersoek.

“Op pad na die polisiekantoor vanoggend kyk ek die heeltyd oor my skouer. Jy weet nooit,” sê Wessels, wat nou op haar saaknommer wag. Die saak was teen Maandagoggend nog nie geregistreer nie, en daarom was haar saaknommer nie gereed nie.

Die lede agter die WhatsApp-groep is boos omdat Wessels elkeen se profielfoto op Facebook gedeel het.

Sy het ook Elize van Swel, wat die hooflid is, se nommer geplaas.

My Anker, my Rots, die boek van Martie Wessels wat tans op die pornografiese kletsgroep as profielfoto dien. Foto: Verskaf

'n Man meen op Facebook dit is ’n legitieme groepie wat ten bate van liefdadigheid gestig is om geld vir haar 22 hasies in te samel.

Hy het Wessels aangevat in kommentaar onder die plasing van verskeie foto’s van vermeende lede op die WhatsApp-groep, wat verskeie kere deur Wessels self gedeel is.

“Ek ken vir elise (sic) en ek is op die groep dis hoekom ek weet! Jy het nou hier op jou profiel foto’s van ’n advokaat, prokureurs en besigheidsmense gepost wat amal saamwerk om vir haar geld in te samel (sic)!”

Van Swel sê net twee van die 50 WhatsApp-groepe is in werking.

“Dit is geselsgroepe, nié pornografie nie.”

Die lede op die groep is volgens Wessels “ ’n kliek” van Van Swel.

* Stefan, die vragmotorbestuurder wat Sondag erken het dat hy voorheen op die groep was, het Maandag gesê hy het glad nie deel in die pornografie nie, hy was net op die groep, maar het wel die groep verlaat toe daar kinderpornografie geplaas is.

Meer oor:  Elize Van Swel  |  Martie Wessels  |  Whatsapp  |  Afrikaans
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.