Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Portchie gee eetplek ’n ‘lift’ en mense kóm

Toe ’n Noord-Kaapse kuierplek sy deure begin vandeesmaand weer kon ontgrendel, het inwoners veel meer as cappuccino-skuimprentjies gekry om hulle op te beur.

Die kunstenaar Portchie, wat gehelp het om ’n jare lange vriendin se koffiewinkel, Rose Café in Kakamas, op te kikker.

Die kunstenaar Portchie het sy towerstaf, of liewer verfkwas, daar geswaai.

Portchie, oftewel Jan Hendrik Viljoen, is bekend vir sy helderkleurige kunswerke wat al oor die wêreld heen huise gekry het.

Toe hy verlede maand by sy jare lange vriendin Coreen Loubser se Rose Café in Kakamas inloop, het hy dadelik moontlikhede gesien. “Ek het gedog alles kort net ’n lift.”

Portchie sê Kakamas het nie baie koffiewinkels nie en weens die inperking voel mense terneergedruk. “Só ’n plek maak ’n verskil aan ’n gemeenskap.”

Hy het tafels rondgeskuif, ou koppies en borde uit hul stoorplek gaan haal en dit met sy verfkwas in sy gebruiklike helder kleure opgevrolik. Tien salmpienk bordjies waarop blomme en strepe geverf is, is teen die een muur opgehang.

Coreen se seun, Christoff, het die mure kersiepienk geverf terwyl Portchie doenig was met ’n skildery, wat hy aan die winkel geskenk het.

Portchie hoop die winkel se nuwe voorkoms moedig mense aan om opknappingswerk te doen. “ ’n Mens het altyd net ietsie nodig. Ek hoor mense ry nou van heinde en ver om na die koffiewinkel te gaan kyk.

Coreen Loubser by die skildery en borde wat Portchie geverf het.

“Vandag het Coreen gesê die winkel is tjokvol, wat ongehoord is vir ’n Dinsdag,” het hy die afgelope week gesê.

Volgens Loubser ry mense van sover as Upington, wat amper 100 km van Kakamas is, om na die opgeknapte restaurant te gaan kyk. Hulle bestel graag cappuccino of café latte wat bedien word met ’n teelepel wat in sjokolade gedoop is en melktert – gebak volgens ’n resep van Portchie se suster, Helena.

“Portchie het my plek eintlik so opgebeur dat dit lekker is om in die oggend in te kom,” sê sy.

“Hy het ’n hart van goud en maak sy lewe oop vir ander mense en hy word daarvoor geseën.”

Meer oor:  Coreen Loubser  |  Jan Hendrik Viljoen  |  Kakamas  |  Portchie  |  Rose Café
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.