Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Portugese konsul se vrou sterf in ongeluk in PE
Beth en John Vieira.Foto: Verskaf

Beth Vieira (83), vrou van John Vieira, die Portugese konsul in Port Elizabeth, is Saterdagaand ’n ongeluk in dié Oos-Kaapse stad dood.

Kapt. Sandra Janse van Rensburg, ’n polisiewoordvoerder in Port Elizabeth, sê die polisie ondersoek ’n saak van strafbare manslag.

John is ook in die ongeluk beseer en na ’n plaaslike hospitaal gebring, maar dit was teen Sondagmiddag laat nie seker hoe ernstig sy beserings is nie.

Volgens Janse van Rensburg het die ongeluk Saterdagaand omstreeks 21:00 in Buffelsfonteinweg gebeur. “Dis nog nie duidelik presies hoe die ongeluk gebeur het nie, maar ’n BMW en Volkswagen GTi was betrokke.”

Die Vieiras was in die BMW. Albei die insittendes in die ander voertuig is ook beseer en na ’n plaaslike hospitaal gebring.

Meer oor:  Port Elizabeth  |  Motorongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.