Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Praatjie by skool gehou om Reeva te herdenk
Barry en June Steenkamp, Reeva Steenkamp se ouers, het op die sewende herdenking van haar dood blomme in die see by Pollokstrand gestrooi. Foto’s: Reeva Rebecca-stigting

Reeva Steenkamp sou vandag sewe jaar gelede ’n motiveringspraatjie vir meisies by ’n skool in Johannesburg aanbied.

Sy het egter nooit die kans gekry om dit te doen nie, want sy is dié oggend in 2013 deur haar kêrel, die voormalige Paralimpiese atleet Oscar Pistorius, in sy huis in Pretoria doodgeskiet. Hy dien tronkstraf van 13 jaar vir haar moord uit.

Reeva Steenkamp se familie het op die strand vir haar gebid.

Om Steenkamp te herdenk het haar ma, June Steenkamp (71), pa, Barry Steenkamp (75), en afgevaardigdes van die Reeva Rebecca-stigting besluit om Vrydag ’n praatjie vir die gr. 7-meisies van die Altona Primary School in Greenbushes, Port Elizabeth, te hou.

June sê sy voel die heel eerste keer in sewe jaar ’n klein bietjie “ligter”.

“Die feit dat ons hier kan wees om die meisies moed in te praat, is wat sy sou wou gehad het. Dit is ’n blye dag, ons almal is bly, want ek weet in my hart dat Reeva nou in vrede rus.”

Die pienk rose is in die see gestrooi.

June het vir die meisies gesê dat hulle altyd ’n vriend in God het, en dat God hulle nooit in die steek sal laat nie.

Sy het hulle aangemoedig om hul probleme deur gebed met God te bespreek en gesê dit is wat sy doen.

Dié geskenkpakkies is by die Altona Primary School in Greenbushes aan die meisies uitgedeel.

“Jong mense is die toekoms. Julle moet leer om vir julself lief te wees en ook om liefde aan jou medemens te betoon,” was haar boodskap.

Die stigting het ná die praatjie geskenkpakkies met basiese toiletware soos seep, ’n tandeborsel, tandepasta en sanitêre doekies aan 98 meisies uitgedeel.

June Steenkamp saam met Ishca Maarman (voor) en Aqama Ntoba, leerlinge van die Altona Primary School.Foto: Lynn Williams

Aqama Ntoba (13), die skool se hoofdogter, het die stigting bedank omdat hy die leerlinge herinner het hoe spesiaal en waardevol hulle is.

Steenkamp se familie en vriende het Pollokstrand besoek waar hulle destyds haar as gestrooi het. Hulle het vir haar gebid en talle herinneringe oor haar gedeel, voordat hulle pienk rose in die see gestrooi het.

Reeva SteenkampFoto: Ice Model Management

Meer oor:  Reeva Steenkamp  |  Oscar Pistorius
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.