Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Pragfoto’s wag op wenners van skattejag
Clarissa Koen van die Silber Studio-span afgeneem deur Rudi Silberman, haar verloofde.Foto: Silber Studio

Twee smoorverliefde fotograwe wat ander smoorverliefde paartjies se spesiale oomblikke vasvang, is ’n wenresep vir troufoto’s. Dit is die mening van Rudi Silberman en Clarissa Koen van Silber Studio.

Dié troufotograwe skenk pryse van R35 000 vir die wenners van vanjaar se Wedding Hub-skattejag. Silber Studio gaan sorg vir die wenpaartjie se verlowingsfotosessie, troufotografie en ’n kortfliek oor hul troudag.

“Ons missie is om ’n onvergeetlike ervaring voor ons kamera te bied, asook tydlose foto’s wat paartjies lewenslank sal bewaar,” sê Silberman.

As jy verloof is en in aanmerking wil kom vir die prys, skryf in vir die Wedding Hub-skattejag. Daar is ook ’n troue, wittebrood en talle ander pryse op die spel. Die skattejag is ’n reis waar verloofdes leidrade kry, legkaarte bou en hoop om as wenners uit die stryd te tree. Dit word moontlik gemaak deur Wedding Hub, Diep in die Berg, Olivelli, Beeld, Pretoria FM en talle ander trotse borge.

  • Vir meer inligting oor en inskrywings vir die skattejag, besoek weddinghub-sa.co.za.
  • As jy meer wil weet oor Silber Studio, besoek silberstudio.co.za, e-pos rudi@silberstudio.co.za of skakel 074 778 9882.

“Ons wil hê jy moet na die foto’s kyk en daardie oomblik herleef. Dit is meer as net ’n dag,” sê Silberman.

Meer oor:  Troue  |  Skattejag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.