Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
‘Pragtige’ kouefront bring koue van reën en sneeu

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) sê ’n “pragtige kouefront” is besig om suidwes van die vasteland nader te beweeg wat reën en sneeu saambring vir groot dele van die land.

Die kouefront wat op pad is na die vasteland en wat glo sneeu bring. Foto: SAWD

Die kouefront sal die suidwestelike deel van die Wes-Kaap Donderdag bereik waar dit dieselfde dag nog tot 10 mm in laagliggende gebiede en tot 25 mm in bergagtige dele sal reën.

Goeie nuus vir die droogtegeteisterde Oos-Kaap is dat Vrydag die 13de geluk sal bring met tussen 20 mm en 30 mm reën wat deur die SAWD voorspel word. Swaar sneeu word ook op 13 en 14 Julie oor die bergagtige dele van die Oos-Kaap voorspel.

Sneeu word ook Vrydagnag en Saterdag op snowreport.co.za voorspel vir die Lesothoberge – die Oos-Kaapse kant van die Drakensberge. Swaar sneeu word verwag op die pieke van die Drakensberge in KwaZulu-Natal. Die sneeu kan selfs tot Sondag voortduur in dele van KwaZulu-Natal se binneland.

Hier kan dit sneeu:

* Matroosberg, Hexrivierberge, die Cedarberg, asook Sneeukop (by Wellington) in die Wes-Kaap kan teen Donderdagmiddag sneeu kry;

* Beaufort-Wes in die Karoo, asook die Outeniekwaberge en ander omliggende berge, kan ’n ligte sneeulagie verwag teen Vrydag;

* Die Oos-Kaap sal volgende aan die beurt wees met sneeu wat Vrydag oor die hoogliggende gebiede verwag word; en

* Vrydagnag en Saterdag word sneeu in Lesotho verwag en dan eers op die Oos-Kaapse en later op die KwaZulu-Natalse deel van die Drakensberge, met die moontlikheid van sneeu Sondag in dele van KwaZulu-Natal.

Meer oor:  Suid-Afrikaanse Weerdiens (Sanw)  |  Oos-Kaap  |  Lesotho  |  Kouefront  |  Weer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.