Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Prasa dank 14 af wat voertuie probeer buit

Hy het 14 lede van sy veiligheidspersoneel afgedank wat probeer het om ’n vloot voertuie by sy hoofkantoor in Pretoria te steel, het die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) Maandag bekend gemaak.

Die voorval was in Oktober 2018 toe die werkers die hoofkantoor bestorm het en probeer het om Toyota Quantum-minibusse te steel.

Hulle het ook die veiligheidswagte aangeval.

“Die wagte is gedreig met vuurwapens en hul hande is agter hul rûe vasgemaak nadat hulle geblinddoek en aangerand is,” sê Prasa in ’n verklaring.

Die rooftog is gefnuik toe die polisie ontbied is. Al 14 werknemers is op die toneel in hegtenis geneem.

Tugstappe is ingestel teen die werknemers en die besluit om hulle te skors is verwelkom deur Khanyisile Kweyama, voorsitter van Prasa se direksie.

“Die poging deur ons eie sekuriteitspersoneel om ’n groot aantal splinternuwe voertuie te steel, wat broodnodige dienste aan ons passasiers sou lewer, is ’n aanduiding van ’n organisasie wat vinnig sy doel kan verloor as ons nie betyds ingryp nie. Die uitslag van die verhoor is ’n ware getuigskrif van ons fokus daarop om misdadige elemente en korrupsie uit te roei,” sê sy.

Nkosinathi Sishi, groephoof van Prasa, sê hy hoop die agentskap sal sy integriteit behou ná die voorval.

Meer oor:  Nkosinathi Sishi  |  Afdanking
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.