Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Prasa se krag gesny: Treine staan in Wes-Kaap
kaapstad, treinstasie
'n Gestrande pendelaar sit op die stasie in Kaapstad. Foto: Adrian de Kock

Treindienste in die Wes-Kaap is Donderdagmiddag opgeskort nadat Eskom die kragtoevoer na verskeie spoorlyne van Prasa afgesny het weens wanbetaling.

Raymond Maseko, waarnemende streekbestuurder van Prasa, sê hy is jammer om mense in te lig dat die treindienste opgeskort is.

“Die hele streeksnetwerk is vanmiddag tydelik opgeskort weens Eskom wat ons traksiekragvoorsiening gesny het.

“Ek is ook bewus van die uitstel van salarisbetalings en kan u verseker dat ons alles doen om hierdie probleme so gou as moontlik op te los. Ons weet dat dit ’n verwoestende uitwerking op ons personeel en kliënte sal hê.”

pendelaars, lang rye, taxirank
Gestrande pendelaars het Donderdagmiddag in lang rye by die minibus-terminus gewag. Duisende pendelaars is gestrand gelaat toe Eskom kragtoevoer na Wes-Kaapse treindienste afgesny het. Foto: Adrian de Kock
Die kennisgewing oor die treine in Kaapstad. Foto: Verskaf
Meer oor:  Prasa  |  Eskom  |  Wes-Kaap  |  Treine  |  Vervoer  |  Pendelaars
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.