Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Premier besoek slagoffers van vloede in Mamelodi

David Makhura, Gautengse premier, het Woensdag die inwoners van die vloedgeteisterde Mamelodi in Pretoria besoek.

Sover bekend is twee mense dood in die vloede en sowat 1 300 mense is dakloos gelaat nadat honderde plakkershutte onder meer in die vloedwater meegesleur is.

“Ons sal nie rus totdat ons al die mense gehelp het om weer op hul voete te kom nie,” het Makhura gesê.

Hy het onder meer die Stanza Bopape-gemeenskapsentrum en die Mamelodi Baptistekerk besoek, waar honderde mense tans tydelik gehuisves word.

David Makhura, Gautengse premier, besoek die mense wat weens die vloede in Mamalodi dakloos gelaat is. Foto: DEAAN VIVIER

Makhura het ’n beroep gedoen op die inwoners om nie weer sommer op enige plek te gaan bly nie.

“Gauteng word geraak deur die klimaatkrisis en dit is gevaarlik om sommer enige plek huis op te sit. Ons wil eerder hê dat mense veilig moet wees en wil saam met hulle werk om dit te verseker. Maar nou wil ons egter eers seker maak dat almal die hulp kry wat hulle moet.”

Van die inwoners wat in die Baptistekerk gehuisves word, het aan Netwerk24 gesê hulle wag dat pres. Cyril Ramaphosa hulle kom toespreek. “Ons soek grond, hy moet ons kom help,” het Mapule Moeletsi (34), gesê.

Meer oor:  David Makhura  |  Centurion  |  Mamelodi  |  Kitsvloede
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.