Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Premier dien klag in oor skoolmeisies-twiet

Dr. Zamani Saul, Noord-Kaapse premier, het ’n klag oor ’n omstrede twiet by die betrokke owerhede ingedien nadat hy van seksuele misdade beskuldig is.

Luidens ’n verklaring van Bronwyn Thomas-Abrahams, sy woordvoerder, kan ’n ondersoek en verdere stappe verwag word.

Dr. Zamani SaulFoto: Emile Hendricks

“Ons bly toegewy aan die geveg teen geslagsgeweld en sulke afleidings sal nie ons aandag aflei nie.”

Dit volg op ’n dag waarin duisende mense, en veral vroue, in Kaapstad by die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum teen geweld teen vroue en kinders betoog het. Wêreldleiers is tans daar byeen vir ’n beraad van die Wêreld- Ekonomiese Forum (WEF).

Die betogers, meestal lede van die #AmINext-groep, het geëis dat pres. Cyril Ramaphosa hulle toespreek.

In die betrokke boodskap word Saul daarvan beskuldig dat hy skoolmeisies seksueel sou aanrand.

Saul sê hy is gewalg en geskok oor die inhoud van die twiet van die gebruiker @Dbn_Survivors.

“Die inhoud is kwaadwillig en misleidend. Die naamlose gebruiker beweer dat hulle oortreders van geweld teen vroue ontmasker. Die premier word geïmpliseer. Dit is valse bewerings,” sê Thomas-Abrahams.

“Dr. Saul was nog altyd ’n vurige kampvegter vir vroueregte en veral die regte van kinders. Die verfoeilike bewerings verdien net minagting.

“Ons meen dié poging om die premier se integriteit met bewerings op sosiale media af te takel, moet ondersoek word. Daar moet streng opgetree word. Ons bly vasbeslote om geweld teen vroue en kinders stop te sit, en niks sal ons stuit nie.”

Deshi Ngxanga, sekretaris van die Noord-Kaapse ANC, het ook die party se misnoeë oor die twiet uitgespreek.

“Ons het Saul aangeraai om regstappe teen die onbekende mense te doen wat kwaadwillige en vals veldtogte voer. Ons aandag bly daarop om eenheid in die organisasie te bewerkstellig.”

Meer oor:  Dr. Zamani Saul  |  Klag  |  Politiek  |  Premier
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.