Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Premier kry amptenare voor stok

Die Oos-Kaapse premier, Oscar Mabuyane, het plaaslike amptenare Donderdag voor stok gekry tydens ’n besoek aan Middelburg.

Dié dorp, waar 14 gevalle van Covid-19 reeds aangeteken is, word as een van die provinsie se brandpunte bestempel.

Die IYM-munisipaliteit se burgemeester, Noncedo Zonke, en die Oos-Kaapse premier, Oscar Mabuyane, tydens die premier se besoek aan die verkeersbeheerpunt buite Middelburg op die N10. Foto: Elsabé Pienaar

Twee van hierdie pasiënte, ’n polisieman en ’n apteek-assistent in ’n plaaslike gemeenskapskliniek, het reeds gesterf.

Die premier was nie beïndruk met die feit dat die verkeersbeheerpunt, net noord van die dorp, se splinternuwe infrarooi termometers nie die afgelope week optimaal gewerk het nie.

“Middelburg is immers ’n Covid-19 poort vanweë sy sentrale ligging. Die dorp is kwesbaar, en dit is van kardinale belang dat die virus hier op die voorstoep van die Oos-Kaap vasgevat moet word,” het Mabuyane gesê.

Hy was ook ontevrede met die munisipaliteit se onvermoë om tot op hede voldoende kwarantyngeriewe in te rig vir pasiënte wat nog op toetsuitslae wag.

IYM burgemeester Noncedo Zonke en premier Oscar Mabuyane tydens die premier se besoek aan die verkeersbeheerpunt buite Middelburg op die N10. Foto: Elsabé Pienaar
IYM burgemeester Noncedo Zonke, premier Oscar Mabuyane, en CHDM burgemeester Wongama Gela tydens die premier se besoek aan die verkeersbeheerpunt buite Middelburg op die N10. Foto: Elsabé Pienaar

Volgens Wongama Gela, burgemeester van die Chris Hani-distriksmunisipaliteit (CHDM), is daar wel geboue geïdentifiseer, maar kort die Inxuba Yethemba-munisipaliteit (IYM) van Cradock en Middelburg geld om dié plekke volgens Covid-19 regulasies in te rig.

Terwyl hy gesondheidswerkers by die Wilhelm Stahl -provinsiale hospitaal in Middelburg toegespreek het, het Mabuyane gesê dit is kommerwekkend dat die distrik se twee sterftes beide noodsaaklike werkers was.

“Ons kan nie bekostig om vegters in die voorste linies teen hierdie vyand te verloor nie, maar julle sal dit ook as ’n onvermydelike realiteit van jul beroep moet aanvaar dat julle in ’n kwesbare posisie is. Nietemin is die 1 036 pasiënte wat reeds herstel het ’n bewys dat ’n Covid-19 diagnose nie ’n doodsvonnis is nie.”

Mabuyane het ook by die plaaslike tronk en polisiekantoor besoek afgelê. Hy het beamptes moed ingepraat en hom sterk uitgespreek teen die gemeenskap se stigmatisering van noodsaaklike werkers in uniform. “Ons gaan moet leer om met Covid-19 saam te leef – dit gaan nie binne die volgende paar maande verdwyn nie. Ons sal ewewig moet vind en lewe in die provinsie voortsit met Covid-19 wat deel uitmaak van die ‘nuwe normaal’,” het hy gesê.

Meer oor:  Oscar Mabuyane  |  Middelburg  |  Oos-Kaap  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.