Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Pretoria-man wat in see verdwyn steeds soek

Reddingsdienste en die polisie soek steeds na ’n 30-jarige man, glo van Pretoria, wat Saterdag in die see by die Strand vermis geraak het. Teen Sondagmiddag was daar nog geen teken van hom nie.

Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) en ander nooddienste is Saterdag ontbied nadat om 12:31 aangemeld is dat twee mans deur die see meegesleur is en in die nood verkeer.

Die soektog is aan die kus naby die Lourensrivier begin en later Saterdag is ’n 27-jarige man van Johannesburg uit die water gered, waarna hy na die hospitaal geneem is.

Luidens ’n verklaring van die NSRI was die man in ’n ernstige toestand toe hy opgeneem is, maar sal na verwagting ten volle herstel.

Craig Lambinon, NSRI-woordvoerder, het Sondagmiddag gesê ondanks die omvattende soektog waaraan verskeie bote, duikers en ’n helikopter deelgeneem het, is daar nog geen teken van die vermiste man nie.

Polisieduiker is steeds op die toneel.

Zahid Badroodien, burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsdienste en gesondheid, het Saterdag gesê die mans het glo in die moeilikheid beland toe hulle buite die aangewese gebied vir swemmers geswem het.



Hy het ’n beroep op strandgangers gedoen om te swem in die gebied wat deur vlae op die strand aangedui word.

Meer oor:  Nsri  |  Craig Lambinon  |  Strand  |  Kaapstad  |  Verdrinking
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.