Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Prins Andrew los koninklike pligte weens Epstein-skandaal

Skaars 48 uur nadat prins Andrew in ’n onderhoud met die BBC se Newsnight sy vriendskap met die veroordeelde pedofiel Jeffrey Epstein verdedig het, het die beleërde prins aangekondig dat hy vir tyd en wyl sy koninklike pligte laat vaar.

In die onderhoud wat Saterdag wêreldwyd uitgesaai is, het Andrew die voordele van sy vriendskap met die veroordeelde seksmisdadiger besing en ontken dat hy Virginia Roberts Guiffre kan onthou.

Roberts Guiffre verwys na haarself as ’n seksslaaf. Sy sê sy het as 17-jarige op Epstein se versoek drie keer met Andrew seks gehad. Andrew ontken Roberts Guiffre se bewerings.

Hoewel Andrew se vriendskap met Epstein hom reeds in 2012 sy pos as Britse handelsambassadeur gekos het, kon die prins tot dusver sy werk as koninklike voortsit.

Die mediastorm wat ná die Newsnight-onderhoud uitgebreek het, het borge van inisiatiewe van wie Andrew die beskermheer is, genoodsaak om hul verbintenis met die prins te bevraagteken of op te skort.

Hoewel Donderdag se aankondiging ruimte laat dat Andrew nadat ondersoeke oor Epstein afgehandel is weer die koninklike verhoog sal kan betree, is dit sterk te betwyfel. Hy en sy broer, prins Charles, is reeds jare lank haaks omdat Charles ’n verkleinde koninklike gesin, wat net uit sy en sy gesin bestaan, voorstaan wanneer hy koning word.

Andrew het in die verklaring sy verbintenis met Epstein betreur, sy simpatie met Epstein se slagoffers uitgespreek en gesê hy sal sy hulp aan die relevante wetstoepassingsagentskappe verleen wat Epstein se doen en late ondersoek.

Sy aankondiging Donderdagaand het op dieselfde dag plaasgevind waarop die 93-jarige koningin Elizabeth en prins Philip hul 72ste huweliksherdenking gevier het.

Meer oor:  Prins Andrew  |  Britse Koninklikes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.