SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Algemeen
Private ondersoeker help nou na Recolin (8) soek

’n Private forensiese ondersoekbeampte van Cold Cases SA het Dinsdag in Port Elizabeth aangekom om te begin soek na Recolin Witbooi (8) van Barcelona, wat al 24 dae vermis is.

Leon Nel het, toe hy Maandag van Recolin te hore kom, sy dienste aangebied. Die getraumatiseerde familie hoef nie ’n sent daarvoor te betaal nie.

Dit is Saterdag Recolin se negende verjaardag. Sy ma, Chriszelda, worstel met die idee dat sy dalk vir die eerste keer haar seun se verjaardag sonder hom sal moet vier.

’n Gemeenskapslid troos Recolin Witbooi se ma, Chriszelda. Chriszelda sê dit is Saterdag haar seun se negende verjaardag. Foto’s: Lulama Zenzile

Nel het Dinsdagmiddag Recolin se ouerhuis besoek.

Recolin en twee maats het op 6 Julie glo by ’n dam in Grootkloof, soos die gemeenskap daarna verwys, gaan visvang.

Die maatjies beweer hulle het Recolin daar gelos. Hy is sedertdien skoonveld.

Talle soektogte deur die polisie en lede van die gemeenskap het nog niks opgelewer nie. Die polisie volg nog leidrade op.

Nel het Dinsdag as deel van die eerste stap van sy ondersoek breedvoerige onderhoude gevoer met Chriszelda, sowel as met Recolin se stiefpa, Clive.

Hy het nog mense ondervra wat hy hoop moontlik inligting kan hê oor die seuntjie se verdwyning.

Hy het ure nadat sy ondersoek begin het, gesê hy voel hy het al redelik baie inligting en leidrade tot sy beskikking en hoop om binnekort ’n verdagte te kan identifiseer.

Leon Nel, ’n forensiese ondersoekbeampte van Cold Cases SA, voer ’n onderhoud met Chriszelda, die vermiste Recolin Witbooi se ma.

Luidens Nel is die uitbuiting van kinders vir die onwettige seks- en dwelmbedryf aan die orde van die dag in die Oos-Kaap.

“Vir solank as wat daar nie ’n lyk is nie, is daar altyd hoop,” het hy gesê.

Chriszelda sê sy is diep dankbaar vir Nel se bereidwilligheid om hulle te help.

Sy het ook die lede van die gemeenskap bedank wat van die begin af gehelp soek het na Recolin.

“Ek wil weer pleit met enigeen wat inligting het oor my seun se verdwyning om na vore te kom. Ek vra smekend.

“Ek gee nie om wat met hom gebeur het, of in watter toestand hy terugkom nie, maar solank ek net my kind kan terugkry,” het Chriszelda in trane gesê.

Recolin Witbooi is laas op 6 Julie lewend gesien. Foto: Verskaf
Meer oor:  Recolin Witbooi  |  Port Elizabeth  |  Barcelona  |  Vermiste Kind  |  Soektog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.