Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Private vliegtuig land sonder magtiging

’n Private vliegtuig het Woensdag om 12:30 ongemagtig op die O.R. Tambo-internasionale lughawe in Johannesburg geland.

Die huurvlug het in die Zimbabwiese hoofstad, Harare, met een passasier opgestyg.

“Die vlug is nie deur die departement van vervoer goedgekeur soos wat die huidige protokol tydens die nasionale inperking bepaal nie,” lui ’n verklaring deur die departement.

Volgens die verklaring is die passasier en die bemanning op die lughawe gehou terwyl die lughawe-owerhede die volgende stappe probeer vasstel het.

Uiteindelik is besluit dat die passasier, ’n Italianer met ’n Suid-Afrikaanse paspoort, nie toegelaat sal word om die land binne te kom nie.

“Die passasier het aanvanklik geweier om saam te werk en met die hulp van die polisie is die vliegtuig weer vort en het Suid-Afrika se lugruim om 19:50 verlaat om na Harare terug te keer.”

Die departement werk nou saam met die lugvaartowerheid om te sorg dat slegs vliegtuie wat vooraf toestemming ontvang het die land se lugruim mag binnekom.

“Fikile Mbalula, minister van vervoer, het gevra dat ’n behoorlike ondersoek na die voorval gedoen word,” lui die verklaring.

Meer oor:  Koronavirus  |  O.R. Tambo-Lughawe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.