Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Prof. Chris Brink vereer met CBE
Proff. Chris Brink, voormalige rektor van die US, Wim de Villiers, huidige rektor, en Andreas van Wyk, voormalige rektor, saam by die eeufeesvieringe van die US vanjaar. Foto: Stefan Els

Prof. Chris Brink, voormalige visekanselier van die Newcastle-universiteit en rektor van die Universiteit Stellenbosch (US), is met die CBE (Kommandeur van die Britse Ryk) vereer tydens die amptelike viering van koningin Elizabeth se verjaarsdag.

Brink (67) het op die koningin se erelys van lede van die Statebond met Saterdag se amptelik vierings verskyn en is vir sy bydrae tot hoër onderrig vereer.

Hy was van 2007 tot 2016 verbonde aan die Newcastle-universiteit, in die noordooste van Engeland, totdat hy afgetree het.

Brink, aanvanklik ’n wiskundeprofessor, het by die Newcastle-universiteit aangesluit nadat hy rektor van die US was.

Luidens ’n verklaring van die Newcastle-universiteit het Brink erkenning ontvang omdat hy ’n “transformasieprojek gelei het waarvan onderrig van gehalte, diversiteit en navorsing in die openbare belang die kern was.”

“Hy het ook saam met die burgemeester van Stellenbosch die inisiatief ‘Reinventing Stellenbosch’ gelei, wat daarop gemik was om die skeidings van die apartheidsera te oorbrug.”

Prof. Chris Brink, voormalige rektor van die Universiteit Stellenbosch en voormalige visekanselier van die Newcastle-universiteit in Engeland. Foto: Verskaf

Brink was ’n kampvegter vir ’n “wêreldklas- burgerlike universiteit”, wat verseker dat navorsing en onderrig fokus op die groot uitdagings wat die globale samelewing ervaar, lui die verklaring.

Die Newcastle-universiteit sê hy het, onder Brink se leierskap, “wêreldbekende erkenning” ontvang vir werk aan die uitdagings van veroudering, volhoubaarheid en maatskaplike vernuwing.

Brink het ook bydraes gelewer as raadslid van verskeie onderwysliggame en organisasies, insluitend Universities UK en die Higher Education Funding Council for England.

Hy het sy PhD aan die Universiteit van Cambridge verwerf en was in akademiese poste aan die Universiteit van Kaapstad verbonde, asook die Australian National University.

Hy is later as ’n pro-visekanselier van Wollongong University in Australië aangestel en het in 2002 by die US aangesluit.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.