Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Prof. Sampie: Trump 'n Hitler, platvloers
Prof. Sampie Terblanche. Foto: Liza van Deventer

Die skrywer en ekonoom prof. Sampie Terreblanche het pres. Donald Trump se toespraak kort ná sy inhuldiging Vrydag beskryf as “die mees skokkende toespraak” wat hy ooit in sy lewe gehoor het.

“Daar is 7,3 biljoen mense in die wêreld en daardie 7 biljoen wat nié Amerikaners is nie, moet nou sidder en beef want Trump gaan daardie 300 miljoen se belange bevorder op ’n manier wat op die res van die wêreld gaan tráp.

“Dit gaan ’n uiters proteksionistiese beleid wees, nét Amerika se belange. Hy het nie ’n woord gesê oor hoe Amerika die res van die Westerse wêreld sal lei nie.”

Dit is die absolute teenoorgestelde van die na-oorlogse idealisme wat ’n mens by iemand soos pres. JF Kennedy aangetref het, het Terreblanche gesê.

“Hy (Trump) is erger as Hitler. Dis so hípernasionalisties soos wat ons waarskynlik net in Hitler se tyd gesien het. Die man gaan ’n disáster wees. Hy is skoon drónk van hierdie nuwe mag wat hy het.

“Dis asof hy elke Amerikaner met hom sal meeneem. Byna asof hy sê: ‘As julle my glo dan gaan ons almal saam hemel toe.’”

“Dit is platvloerse veralgemenings wat hy gemaak het. Maar met hierdie stories sal hy nie vier jaar hou nie.”

Meer oor:  Trump  |  Hitler  |  Disaster
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.