Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Professor sterf ná staptog

Die bekende wetenskaplike prof. Bob Scholes het Woensdag ná ’n staptog gesterf.

Scholes, ’n klimatoloog aan die Universiteit van die Witwatersrand, het luidens ’n verklaring van die universiteit se fakulteit vir wetenskap Woensdag in die noorde van Namibië gaan stap.

“Dis ’n hartseer, hartseer dag vir Wits. Bob is onvervangbaar,” lui die verklaring.

Die Wits Rural Knowledge Hub het ook sy medelye uitgespreek.

“Die afsterwe van prof. Bob Scholes is letterlik ’n verlies vir die planeet. Hy was ’n reus in ekostelsel- en volhoubaarheidswetenskap en ’n begaafde onderwyser,” lui die verklaring.

Die Sentrum vir Groen-ekonomie het Scholes op Twitter beskryf as een van Suid-Afrika se mees bekroonde en geliefde wetenskaplikes en sê hy was geskok om van sy dood te verneem.


Meer oor:  Sterf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.