Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Projek help meer as 5 400 huishoudings in Knysna

’n Humanitêre en maatskaplike noodledigingsprojek in Knysna het al hulp in die vorm van kospakkies of koepons aan meer as 5 400 huishoudings in die gebied verleen.

Dr. Michele Gratz, Knysna se munisipale bestuurder, het die Rotariërklub in Knysna en die Knysna Initiative for Learning and Teaching (KILT) bedank vir hulle hulp met die projek.

Die projek is ’n spanpoging, luidens ’n verklaring. Die Knysna-munisipaliteit voorsien die inligtingstegnologie en bystand vir verifiëring van die sentrale databasis vir applikante. Die pakkery en aflewering word gedoen deur munisipale werkers.

Die Rotariërs oorsien die finansies en die toewysing en verspreiding van koepons en pakkies, Knysna Hope bestuur die koeponstelsel en KILT dra by tot voedselsekerheid en bied ondersteuningstrukture soos ’n psigo-maatskaplike beradingsprogram vir KILT-families en opvoeders.

Volgens Gratz affekteer die verlengde inperking meer en meer kwesbare inwoners. Daar is ’n groeiende vraag na hulp. Sy is egter vol vertroue dat deur saam te werk daar voortgegaan sal kan word om mense te help wat hulp die meeste benodig.

Inwoners en sakeondernemings wat die program wil ondersteun kan geldelike bydraes aan die Rotariërklub in Knysna maak. Mense wat hulp benodig kan die woord “Aid” na 31022 SMS, by

https://knysna.comunity.me/relief/relief.html registreer of die munisipale app gebruik.

Besoek https://knysnarotary.co.za/covid-19/ vir meer inligting oor die projek.

Meer oor:  Knysna  |  Huishoudings  |  Kospakkies  |  Projek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.