Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Prokureur (35) sterf kort ná troue in Twee Oseane
David van Niekerk (35), ’n prokureur van Kaapstad, wat Saterdag in die Twee Oseane-marathon dood is nadat hy ineengesak het. Foto: Facebook

Die prokureur van Kaapstad wat Saterdag tydens die Twee Oseane-halfmarathon dood is, is net drie weke gelede getroud.

Huldeblyke aan David van Niekerk (35) het die naweek op sosiale media verskyn nadat dié atleet ineengesak het tydens die wedloop en nie bygebring kon word nie. Dit was sy vierde halfmarathon.

Sy pa, Alric van Niekerk, het Saterdagaand op Facebook bevestig dat sy oudste seun tydens die Twee Oseane-marathon dood is.

“Ons is hartgebroke oor dié fantastiese seun. Hy sal vir ewig in ons harte bly en ons is geseën dat hy vir 35 jaar aan ons gegee is.”

Luidens inskrywings van Alric en talle ander mense is David drie weke gelede getroud en hy was ’n prokureur.

“Hy laat ’n nalatenskap van liefde en nederigheid.”

Die familie het teen Maandagmiddag nog nie op navrae gereageer nie.

Die organiseerder van die Twee Oseane-marathon het Maandag gesê hy gaan geen verdere inligting oor Van Niekerk bekend maak nie, omdat hy die familie se versoek op privaatheid eerbiedig.

In ’n verklaring Saterdag is bevestig dat ’n deelnemer van Kaapstad tydens sy vierde halfmarathon dood is. Hy is toe as ’n ywerige hardloper beskryf.

Die Celtic Harriers-atletiekklub het Sondag ook sy medelye uitgespreek aan die familie en vriende van David, wat ’n lid van die klub was.

Norman Henshilwood High School in Constantia het Saterdag bevestig dat David in 2001 in dié skool was.

“ ’n Wonderlike heer, gelief deur almal wat paaie met hom gekruis het,” lui die huldeblyk van sy hoërskool.

Granville Skippers, radio-omroeper in Kaapstad, het ook Sondagoggend op sy Facebookbladm Diary if a Cancer Survivor, geskryf oor die   "verpletterende nuus" dat sy vrou se neef tydens die halfmarathon dood is.

"Net 22 dae gelede3 het ons sy troue met Tessan gevier, die liefde van sy lewe vir afgelope 11 jaar. Daar is geen woorde om die verlies te beskryf van 'n man wat 'n eggenoot, 'n neef, 'n prokureur en vriend vir soveel mense was nie."

Meer oor:  Atleet  |  Prokureur
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.