Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Protes kom omdat ‘besighede diskrimineer’

Die gemeenskap van Zwelihle in Hermanus gaan volgende week met ’n vier dae lange protesoptrede begin teen ondernemings op dié kusdorpie wat glo teen plaaslike inwoners diskrimineer.

Die Zwelihle Renewal-komitee het op Facebook aangekondig dat die gemeenskap Dinsdag met vreedsame protesoptrede gaan begin wat tot Vrydag sal voortduur.

Gcobani Ndzongana, ’n gemeenskapsleier, sê mense is moedeloos met die indiensnemingsbeleid en -praktyke van baie ondernemings in Hermanus wat glo oneties is.

“Hul houding het ’n negatiewe uitwerking op die plaaslike ekonomie en lei tot xenofobiese spanning,” sê Ndzongana.

Volgens Ndzongana sal die gemeenskap volgende week ’n optog hou na ongeveer 19 klein ondernemings wat glo meer buitelanders as plaaslike inwoners aanstel.

“Die ondernemings buit die buitelanders uit, diskrimineer teen hulle en voldoen nie aan die land se arbeidswette nie.”

Vuyani Nkomo, komiteelid, het gesê dat hulle ondernemings wat hul Afrika-broers en -susters sleg behandel onder die soeklig gaan plaas.

“Ons het besluit dis tyd om met massa-aksie te begin om ondernemings wat nie die land se arbeidswette gehoorsaam nie, te dwing om dit te doen. Hulle moet veral werkloosheidsversekering begin betaal.

“Ons sal geen diskriminasie of uitsluiting bevorder nie, en gaan ook nie toekyk hoe mense rassisme en xenofobie bevorder nie. Ons glo dat ons een Hermanus, ’n verenigde Hermanus sal hê.”

Inwoners van die kusdorp het hulle skerp op sosiale media oor die beplande optogte uitgespreek.

Mense het kommer uitgespreek dat dit slegs ’n poging is om mense op hol te jaag.

Kom ons stoot Hermanus verder in ’n resessie in totdat daar geen werk meer is nie.

“As ’n sake-eienaar sal ek my nie laat intimideer nie en sal ek nou meer as ooit tevore slegs personeel van Mount Pleasant, Hawston, Stanford en Botrivier aanstel,” het een inwoner gesê.

Ander wou weet of ondernemings in Zwelihle ook deel is van die 19 klein ondernemings.

“Ek bly al langer as 20 jaar in Hermanus. Hoekom betoog as die skole oopgaan? Ek dink nie dis regverdig teenoor die kinders nie.

“Ons bly in ’n demokratiese samelewing. ’n Onderneming mag enigeen aanstel. Daar is geen wet wat sê jy mag nie buitelanders aanstel nie.”

Sommige wou weet hoekom die groep nie die departement van arbeid kontak sodat hy ondersoek na die bewerings kan instel nie.

“Kom ons stoot Hermanus verder in ’n resessie in totdat daar geen werk meer is nie,” het ’n ander inwoner gesê.

Meer oor:  Hermanus  |  Zwelihle  |  Protesoptrede
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.