Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Protesaksie duur voort in Kaapstad

Die N2-snelweg in Kaapstad was Vrydag aan en af gesluit by Hlathiweg in Nomzamo (ook bekend as Lwandle) by die Strand nadat inwoners uit protes oor dienslewering die strate ingevaar het.

Protesaksie in Lwandle in die Strand. Foto: Jaco Marais

Richard Coleman, verkeerswoordvoerder vir Kaapstad, sê verskeie paaie in die skiereiland moes tydelik weens betogings gesluit word.

“Protesaksie het in die Strand, Blackheath, Spineweg en Ntlazane in Khayelitsha, asook in Symphony tussen Sarah Baartman- en Delft-hoofweg uitgebreek. Inwoners het motorbande in die gebiede gebrand.”

Die polisie probeer om betogers te verhoed om die N2 af te sper tydens betogings in Strand. Foto: Jaco Marais

Volgens Coleman het sowat 300 mense in die Strand saamgedrom om hul misnoeë oor die gebrek aan dienste in hul woonbuurt uit te spreek.

“Motoriste is aangeraai om alternatiewe paaie te gebruik en die betogers te vermy.”

Wetstoepassers hou ’n waaksame oog oor protesaksie in die Strand. Foto: Jaco Marais

Ontstoke inwoners van die gebied dring daarop aan dat die stad slaggate in die paaie regmaak en iets doen aan verstopte dreine, vuil strate en straatligte wat nie werk nie.

“Ons eis ook dat Asla grond in die gebied vir inwoners moet beskikbaar maak,” het ’n betoger gesê.

Inwoners drom saam om hulle misnoeë uit te spreek tydens protesaksie in die Strand. Foto: Jaco Marais

Intussen was daar ook moles in Blackheath met sowat 100 betogers wat saamgedrom het en motorbande gebrand het in Wimbledon- en Skoolweg.

Coleman sê paaie is gesluit tussen Wimbledon- en Skoolweg asook Buttskopweg.

Kol. Andrè Traut sê die polisie hou ’n waaksame oog oor die gebied en monitor betogers.

“Geen ernstige voorvalle is aangemeld nie en niemand is nog in hegtenis geneem nie.”

Meer oor:  Richard Coleman  |  Kaapstad  |  Protesaksie  |  Dienslewering  |  Inwoners
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.