Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Prys van data moet nou verlaag, sê ANC

Die regering moet dringend alle beleide en regulasies ten volle implementeer om die prys van data in Suid-Afrika te kan verlaag, meen die ANC.

Pule Mabe Foto: Felix Dlangamandla

Dít omdat laer data-pryse ekonomiese geleenthede sal ontsluit wat op sy beurt volgens die regerende party tot ekonomiese groei en werkskepping sal lei.

Pule Mabe, ANC-woordvoerder, het Vrydag gesê bogenoemde was op die onlangse lekgotla van die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK) in Pretoria besluit veral omdat die ANC bekommerd bly oor die negatiewe impak wat die huidige hoë data-koste op gewone Suid-Afrikaners, veral werkers, jeugdiges, studente en vroue, het.

Die ANC het reeds op sy nasionale konferensie wat in Desember in Nasrec gehou is, besluit dat daar tans ’n behoefte in die land is om die prys van data te verlaag.

Mabe het in ’n verklaring gesê die meerderheid Suid-Afrikaners is tans nie in staat om die voordele van die digitale ekonomie in Suid-Afrika weens die hoë koste van data te geniet nie.

“Dit beperk verder ook die groei en ontwikkeling van klein ondernemings.”

Ons is bly dat sommige operateurs reeds data-pryse verlaag het. Dit is egter nie genoeg nie.

Volgens Mabe moedig die ANC daarom die regering aan om dringend stappe te doen om die volle implementering van alle beleide en regulasies ter ondersteuning van die sogenaamde #DataMustFall-veldtog te verseker.

Die regering word ook versoek om saam met die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van Suid-Afrika (Okosa), sowel as alle mobiele selfoonoperateurs, in hierdie verband te werk.

“Ons doen ’n beroep op Okosa en mobiele selfoonoperateurs om vinnig ’n vriendskaplike oplossing vir die geskille oor ’n gedragskode vir die diens te vind.

“Ons is bly dat sommige operateurs reeds data-pryse verlaag het. Dit is egter nie genoeg nie.

“Die bekendstel van die internasionale mobiele telekommunikasie-dienste-spektrum sal na verwagting ook die meeste van die beperkings oplos wat mobiele selfoonoperateurs tans ervaar. So ook die beskikbaarheid van breëbandnetwerke in landelike gebiede, veral Wireless Open Access Network (WOAN), wat deur die beleid beoog word.”

Mabe het gesê die ANC-beleid streef ook daarna om beleggings en groei in die telekommunikasie-sektor te verhoog.

Meer oor:  Anc  |  Pule Mabe  |  Data
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.