Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Pta: ‘Motorfiets-bendes voer oorlog teen insleepdienste’
Werknemers van kleiner insleepdienste in Pretoria sê hulle word aangerand deur motorfietsbendes in ’n poging om hulle te verwilder van staanplekke waar daar tradisioneel gewag word vir werk.Foto: Deaan Vivier

Insleepdienste in Pretoria sê hulle is in ’n lewe-en-dood-stryd betrokke vir werk en dat die polisie hande gevou staan en toekyk.

Verskeie insleepdienste het Donderdag opgeruk na die Brooklyn-polisiekantoor om ’n grieweskrif te oorhandig.

Eienaars en werknemers van kleiner insleepdienste sê in die dokument hulle word aangerand en gedreig deur motorfietsbendes as hulle op sekere hoofweë staan.

Dit is gebruiklik om op sekere sleutelpunte te parkeer sodat daar vinnig gereageer kan word op ’n ongeluk, sê die maatskappye.

Nou het groter maatskappye in die stad motorfietsbendes gehuur om die kleiner insleepdienste se werkers te verwilder.
Bestuurders en eienaars van insleepvoertuie in Pretoria het Donderdag ’n grieweskrif aan die Brooklyn-polisie oorhandig tydens ’n protesoptog waarin hulle gevra het die polisie moet hulle teen motorfietsbendes beskerm. Foto: Deaan Vivier

Nou het groter maatskappye in die stad motorfietsbendes gehuur om die kleiner insleepdienste se werkers te verwilder van sekere sleutelpunte deur hulle gruwelik aan te rand.

“Ons word emosioneel, verbaal en sielkundig aangerand,” lui die grieweskrif.

Dit is glo nie net werkers verbonde aan insleepdienste wat deurloop nie, maar ook hawelose mense.

In die verlede het hawelose mense glo al gesien hoe word werkers aangerand en is hulle gedreig om nie met die polisie te praat oor wat hulle gesien het nie.

“Ons veroordeel die optrede van die motorfietsryers wat kleiner insleepdienste intimideer en aanrand en vra dat die polisie drasties ingryp om hulle te help beskerm,” lui die grieweskrif.

Die plaaslike polisiekantoor het Donderdag navrae verwys na die provinsiale polisiewoordvoerder, wat nie dadelik bereik kon word nie.

Meer oor:  Oorlog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.