Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Publiek welkom by roudiens vir James Small

Alle lede van die publiek is welkom by die roudiens van die oudrugbyheld James Small, wat Woensdag in die ouderdom van 50 dood is.

Small se begrafnis sal Donderdag, op oudpres. Nelson Mandela se verjaardag, om 14:00 by The Deck by die Wanderers-rugby-klub in Johannesburg gehou word. Die familie sê daar sal vir die publiek op een van die onderste velde plek gemaak word.

Kapt. Mavela Masondo, ’n polisiewoordvoerder, het Sondag bevestig dat ’n geregtelike ondersoek na Small se dood gedoen word.

“Enige verwikkeling in die ondersoek, wat die uitslae van die lykskouing insluit, sal met sy familie bespreek word,” het hy gesê.

Die familie het die naweek bevestig dat hy wel aan ’n hartaanval dood is.

Meer oor:  James Small  |  Roudiens
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.