Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
R3,4 miljoen vir ’n aandjie by Cyril

Iemand het Vrydagaand op ’n veiling R3,4 miljoen betaal om saam met 19 vriende vir ’n aand oor te slaap op pres. Cyril Ramaphosa se plaas naby Bela-Bela. ’n Deftige aandete en ontbyt is ingesluit.

Die president sal self die gasheer wees by die kuiertjie om ’n gesellige kuiervuur by die luukse Phala Phala. Dis nie bekend wie die suksesvolle bieër was nie.

Die bekende Vrystaatse megaboer Nick Serfontein.

Dié veiling, wat Vrydagaand by Phala Phala gehou is, is darem nie ’n aanduiding dat die president nou ook platsak is nie. Die wins gaan vir ’n goeie doel: die transformasiefonds wat deel vorm van die jaarlikse Stud Game Breeders-wildveiling.

39 studente van alle rasse het verlede jaar danksy dié fonds beurse gekry om in natuurbewaring, wildbestuur en veeartseny te studeer. Die plan is om vanjaar weer 39 beurse toe te ken.

Teen druktyd was die aanlyn veiling steeds aan die gang, maar een van Ramaphosa se buffels, Popo, was reeds verkoop vir R4 miljoen.

By verlede jaar se veiling het Ramaphosa amper R20 miljoen van Phala Phala se wild verkoop.

Hy was nie self gister by die wildveiling nie, maar hy het Vrydagaand uitgesoekte gaste by Phala Phala onthaal.

Die bekende Vrystaatse megaboer Nick Serfontein was een van hierdie gaste.

“Dit was by tye duidelik hy gaan op die oomblik deur diep waters, maar sy selfvertroue was ook duidelik sigbaar. Hy het vir ’n uur en 20 minute gepraat sonder om enige notas te gebruik,” sê Serfontein.

Diere van die plase Lumarie, Nyumbu, Phala Phala, Shelanti en Tembani asook Dinaka-wildreservaat, is by gister se veiling by die Zebula- gholflandgoed opgeveil.

Net minder as R100 miljoen se wild is verlede jaar verkoop. Teen druktyd gister was die totale verkope op net meer as R66 miljoen.

Victor Matfield, die oud-Bokslot wat deesdae uitvoerende hoof is van Wildswinkel wat die veiling bestuur, het gesê hulle hoop om naby aan dieselfde omset te haal. “Die veiling het twee bene. Eerstens die lewende veiling wat hier aan die gang is en dan ook die aanlyn veiling. Vir eersgenoemde hoop ons om so R60 miljoen vandag te draai en laasgenoemde so R20 miljoen,” sê Matfield.

Matfield se oud-Blou Bul-spanmaat, Jaco Pretorius, is Wildswinkel se finansiële hoof.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.