Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
R5 000-boete vir man wat voor sy hek skoffel
Thabang Nonyane saam met ’n polisiebeampte buite sy erf in Lourierpark, Bloemfontein, kort voordat hy’n boete van R5 000 opgele is. Foto: Mlungisi Louw

’n Jong man van Bloemfontein wat oor die naweek tuinwerk by sy huis in Lourierpark, Bloemfontein, is geskok nadat die polisie hom ’n boete van R5 000 opgelê het toe hy nie die reëls van die nasionale inperking gehoorsaam het nie.

Thabang Nonyane (21), student in sakebestuur, was Saterdag besig om buite sy erf in die Bloemfonteinse buurt te skoffel toe die polisie roetinepatrolleerwerk doen en hom beboet.

Hy was geskok toe ’n polisiebeampte aan hom verduidelik dat hy tydens die inperking nie buite sy erf mag wees nie en dat hy daarom die reëls van die inperking verontagsaam.

Nonyane was reeds op pad terug na sy huis toe die beampte hom terugroep en ander polisiebeamptes aansê om ’n boete uit te skryf.

Hy sê hy kan nie glo dat hy ’n boete van R5 000 opgelê is omdat hy homself besig gehou het nie.

“Ek kan dit steeds nie glo nie. Ek was in skok en kon nie glo dat dit wel gebeur nie.”

Nonyane sê hy werk nie en weet nie hoe hy die boete gaan betaal nie.

“Ek sal wag vir die hofdatum en my saak gaan verduidelik.”

Thabang Nonyane is ’n van boete van R5 000 opgele nadat hy nie die reels van die nasionale inperking gehoorsaam het nie.Foto: Mlungisi Louw

Die nuus oor die heftige boete het wye reaksie op sosiale media ontlok met sommige wat voel dat die boete te heftig is.

Ene Mambo Mkhize wou weet of hy nou nie meer tuinwerk mag verrig nie.

DonaBela Ruas sê die polisieman was reg omdat regulasie aandui dat mense veronderstel is om in hulle erf te bly.

“Hy is ’n hoë risiko om die virus op te doen. Kan ons net die reëls nakom sodat ons so gou moontlik na normaal kan terugkeer?”

Volgens Lehlohonolo Mpholoana is dit verkeerd omdat daar soveel ander mense is wat roekelose dinge aanvang.

“Die arme man is nie eens dronk nie.”

Vish Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig en sê die jong man het die rampbestuurregulasies verontagsaam.

Meer oor:  Bloemfontein  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.