Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
R50 000 vir inligting oor bestuurder wat gesin doodry

Bykans sewe maande nadat ’n gesin van vier en nog ’n kind buite Odendaalsrus dood is, is die bakkiebestuurder wat ’n aandeel in die treurspel gehad het steeds op vrye voet.

Theuns (39) en Elmarie Lubbe (38), hul twee kinders, Tristen (8) en Amory (4) en ’n maatjie, Juliana Gomez (6) is kort na mekaar in twee ongelukke dood.

Zakele Abide, ’n Ethiopiese burger, se bakkie was betrokke in die ongeluk waarin vier mense dood is.

Die motor waarin hulle gery het, het die aand buite Odendaalsrus omgeslaan en Elmarie is op slag dood.

Die gesin was op pad na Allanridge waar hulle gebly het.

Theuns het die drie kinders uit die wrak gehaal en rooi driehoeke uitgesit en saam met hulle langs die pad gewag vir hulp.

’n Wit Ford Ranger Ranger-bakkie het om ’n draai gery gekom, vir die wrak uitgeswaai en Theuns en die drie kinders langs die pad doodgery.

Neels Lubbe, Theuns se neef, sê hy gaan Saterdagoggend blomme op Theuns se graf in Heidelberg sit.

Lubbe, van Welkom, het die gesin se as hier by Theuns se pa, ook Theuns, se graf in ’n nis laat plaas.

Theuns sou Saterdag sy 40ste verjaarsdag gevier het, sê Lubbe.

“Ek mis hulle verskriklik, Theuns was soos ’n seun vir my. Partykeer wil ek nog in die oggend op my selfoon kyk of daar ’n boodskap van hom af is,” sê Lubbe.

Lubbe het ’n beloning van R50 000 uitgeloof vir inligting wat tot die opsporing van bestuurder van die bakkie kan lei.

Volgens Lubbe is daar nog geen vordering gemaak om die man op te spoor wat vir die ongeluk verantwoordelik was nie.

“Ek het net een wenk gekry en dit was van ’n swendelaar,” sê Lubbe.

Die man aan wie die bakkie behoort, Zakele Abide, het ná die ongeluk ’n verklaring by die polisie in Bloemfontein afgelê en gesê die bakkie was voorheen gekaap.

Die polisie het nie dadelik die beweerde kaping met die tref-en-trap ongeluk op Odendaalsrus verbind nie.

Abide het intussen verdwyn en Lubbe sê polisielede glo hy is landuit.

Die bakkie is tans by die polisieskut in Welkom.

Indien iemand kan help om die bestuurder van die bakkie op te spoor kan hulle Lubbe op 078 825 9881 bel of hul naaste polisiestasie kontak.

Meer oor:  Theuns Lubbe  |  Odendaalsrus  |  Inligting  |  Misdaad  |  Strafbare Manslag  |  Bestuurder
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.