Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Raad ondersoek bewerings van wangedrag teen dokter

Bewerings van wangedrag teen ’n spesialis-dokter in Port Elizabeth word deur die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika (HPCSA) ondersoek.

Die ondersoek kom nadat die dokter by die Netcare Greenacres-hospitaal ’n pasiënt na bewering betas en probeer soen het, het die dagblad The Herald Maandag berig.

André Bothma, hoofbestuurder van die hospitaal, het by navraag aan Netwerk24 gesê die hospitaal is in Maart vanjaar deur die HPCSA ingelig dat hy die dokter ondersoek.

Volgens Bothma het twee mense hom genader vir advies rakende die dokter se beweerde onvanpaste gedrag.

“Ek het albei aangeraai om klagte by die HPCSA in te dien, wat as die statutêre regulerende instansie vir mediese praktisyns ’n mandaat het om bewerings van wangedrag teen dokters te ondersoek en die gepaste stappe te doen sou die persone skuldig bevind word.

“Verder het ek albei ingelig dat hulle ook die opsie het om klagte teen die dokter by die polisie aanhangig te maak,” sê Bothma.

Kapt. André Beetge, polisiewoordvoerder, het Dinsdagoggend bevestig die polisie het nog geen klagte in verband met die saak ontvang nie.

Verder het ek albei ingelig dat hulle ook die opsie het om klagte teen die dokter by die polisie aanhangig te maak.

Die dokter is hangende die uitkoms van die ondersoek tydelik geskors en Bothma sê dit beteken dat hy nie mag praktiseer voordat die HPCSA ná die ondersoek ’n finale besluit geneem het nie.

Spesialiste is volgens Bothma onafhanklike private praktisyns, wat beteken die hospitaal het nie toegang tot die dokter se pasiënte nie.

“Wanneer ’n dokter om watter rede ook al sy praktyk ontruim, word die kennisgewing daarvan deur die dokter en sy personeel uitgereik. Ons is meegedeel dat die dokter sy pasiënte ingelig het dat hy nie sal praktiseer totdat die HPCSA die ondersoek afgehandel het nie.”

Luidens ’n boodskap wat glo deur die dokter aan sy pasiënte gestuur is en wat hulle oor sy tydelike skorsing inlig, word aangevoer drie pasiënte het klagte van wangedrag teen hom ingedien.

Luidens die boodskap sal die formele verhoor na verwagting later vanjaar of vroeg in 2021 gehou word.

Die HPCSA het nie onmiddellik op navrae gereageer nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.