Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Raad sal Prasa help met plakkers in Philippi

Die Kaapstadse metroraad sal die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) help met die verwydering van die onbewoonde strukture in Philippi nadat plakkers grond van Prasa beset het.

Die mense het in die afgelope paar weke hul hutte reg in die middel van die spoorlyne in die ou Philippi-spoorwerf opgerig en bly nou daar.

Plakkershutte verrys oor die treinspore.Foto: Jaco Marais

Die voortslepende plakkery is reeds geruime tyd ’n groot frustrasie vir Metrorail, maar plakkers sê hulle het daar huis opgeslaan omdat daar nie grond is vir behuising nie en die spoorwegterrein staan verlate.

Kaapstad se direktoraat vir menslike nedersettings het met Prasa in verbinding getree oor die onwettige grondbesettings en oprigting van strukture langs die spoorlyn.

Die stad sê hulle is bekommerd oor die veiligheid van die gemeenskap en inwoners wat Prasa-grond onwettig beset het.

“Die metroraad het aangebied om te help om die onbewoonde strukture af te breek. Dit hou glo gesondheids- en veiligheidskwessies in,” sê Malusi Booi, burgemeesterskomiteelid vir menslike nedersettings in die metroraad.

Hy voeg by dat onmiddellike stappe noodsaaklik is om die Prasa-grond teen onwettige besetting te beskerm.

Inwoners van Philippi slaan plakkershutte in Metrorail se ou Prasa-depot op. Foto: Jaco Marais

Booi sê hy het die perseel Woensdag besoek.

“Hoewel ons die behoefte aan behuising begryp, moet ons ook die gesondheids- en veiligheidsaspekte oorweeg.”

Booi sê behuising moet regverdig en gestruktureerd voortgaan om te verseker dat niemand bevoordeel word nie.

“Elke stad in Suid-Afrika tree op om grond teen besettings te beskerm. Dit is ’n grondwetlike plig,” sê hy.

Booi sê die onwettige grondbesettings beïnvloed die stad se diensleweringsplanne, maatskaplike stabiliteit en finansiële beplanning.

Hy sê die stad is besig om sy prosesse te heroorweeg om te sien hoe hulle grondbesettings kan aanpak en vennootskappe kan verbeter.

“Ons sien uit daarna om saam met Prasa en ander staatsinstellings te werk om te verseker dat die wet gehandhaaf word en dat ons ons mense regverdig en gestruktureerd kan help.”

  • Die stad het intussen inwoners aangemoedig om 107 van ’n selfoon af of 021 480 7700 van ’n landlyn af te skakel as grond beset word.
Meer oor:  Metrorail  |  Kaapse Metroraad  |  Prasa  |  Philippi  |  Plakkers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.