Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Raadslid se man beseer glo hond met byl

’n Strafregtelike saak is teen ’n DA-raadslid in die Wes-Kaap se man gemaak nadat hy glo ’n hond met ’n byl geslaan het.

Na bewering het Reginald Smit, man van raadslid Nicolene Smit, die tweejarige Sneakers, ’n gekruisde Jack Russell-hond, met ’n byl geslaan.

Die wonde aan Sneakers se voorpoot nadat hy blykbaar Vrydag met ’n byl gekap is. Foto: Verskaf

Hoewel die hond die aanval oorleef het, is Eva Daniels (51), Sneakers se mense-ma, verpletterd oor die voorval.

“Ek en my man het nie kinders nie, ons twee honde is ons kinders,” sê Daniels.

Die beweerde voorval het Vrydagoggend gebeur toe Reginald kos vir Daniels se gestremde neef vat.

Volgens Daniels woon sy en haar man, Trompie (37), in ’n kamer by haar neef, wat in ’n rolstoel is.

Reginald bring soggens en saans vir die man kos om te eet.

Volgens Daniels loop Reginald gereeld met ’n byl oor sy skouer wanneer hy die kos aflewer.

Reginald sê hy het die byl eers onlangs begin saamdra, ná ’n voorval verlede week waar hy deur loslopende honde aangeval is.

Reginald sê hy is weer Vrydagoggend deur honde aangeval en hy is was genoodsaak om uit selfverdediging sy byl te swaai.

“Ek het nie gegaan om enige honde met ’n byl te kap nie. Ek het wel my byl geswaai, uit selfverdediging,” sê Reginald.

Hy sê die honde het sy sak, waarin die kos was, stukkend gebyt en daarna het hy bedreig gevoel en uit selfverdediging opgetree.

“Ek weet van geen honde wat ek gekap het nie, want al daardie honde het nog self na hulle huise toe gehardloop,” sê Reginald.

Maar Daniels beweer sy moes vir Sneakers gaan optel. “Ek het op die stoep gesit toe die honde vir die man blaf. Die honde het net geblaf, hulle is nie aggressief nie.”

Daniels sê sy het gesien hoe Reginald sy byl van sy skouer afhaal en na die honde swaai.

“My hond het hard en aanhoudend gehuil. Ek het nie eens geweet wat om te maak nie, ek het die hond gaan haal en my man gebel,” sê Daniels.

Hoe moet ek nou die kos vir man neem, terwyl daar honde is wat my aanval?
Reginald Smit

Sneakers is kort daarna deur Trompie se werkgewer na ’n veearts geneem, waar die hond se poot met ’n verband toegemaak is.

Sneakers sterk tans aan by die huis.

Reginald het in reaksie gesê dat hy nie verantwoordelikheid vir die veeartsrekening sal aanvaar nie.

Die wond onder Sneakers se oog is glo ook weens Vrydag se bylkapvoorval. Foto: Verskaf

“Ek het nie gegaan om honde met ’n byl te slaan nie. Die storie word nou opgeblaas omdat my vrou ’n raadslid is en mense hardloop na die media toe oor onbenullighede.

“Hoe moet ek nou die kos vir man neem, terwyl daar honde is wat my aanval?” wou Reginald weet.

Intussen het Daniels gesê sy het Saterdag die voorval by die polisie aangemeld.

Die polisie van die Riebeek-Wes-polisiekantoor het bevestig dat ’n saak van opsetlike saakbeskadiging ondersoek word.

Meer oor:  Sneakers  |  Beseer  |  Da-Raadslid  |  Byl  |  Hond
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.