Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Radio Park: Opruiming duur voort ná dieselstorting

Opruiming ná ’n reusediesellekkasie by die SAUK se Radio Park-gebou duur Donderdag voort.

Die gebou van 29 verdiepings, sowel as tussenverdiepings, is Woensdagoggend ontruim nadat 25 000 liter diesel op die diensverdieping tussen die 15de en 16de verdiepings uit ’n stukkende kragopwekker gelek het. Die kragopwekker is ingespan tydens ’n kragonderbreking vroeër die dag.

Die SAUK se Radio Park-gebou is Woensdag ontruim weens ’n dieselstorting. Foto: Felix Dlangamandla

“Die kragopwekker, wat baie oud is, het gebreek en 25 000 liter diesel het uitgelek,” sê Vuyo Mthembu, SAUK-woordvoerder.

“Ons weet steeds nie hoe lank die skoonmaakproses gaan duur nie. Werknemers se veiligheid is ons eerste prioriteit en daarom word hulle nie in die gebou toegelaat nie,” sê Mthembu.

Die radiostasies 5FM, MetroFM en Radio2000 sit wel hul uitsendings vanuit die ingangsportaal voort.

“RSG en SAFM se uitsendings gaan ook voort. Hulle maak gebruik van ons televisie-sentrums,” sê Mthembu.

Die gebou is Woensdag omstreeks 10:00 ontruim.

Drie mense is weens die inaseming van dieseldampe behandel.

“Een werknemer is steeds in die hospitaal, terwyl die ander twee terug by die huis is.”

’n Kundige in die opruiming van chemiese stowwe wat anoniem wou bly, het aan News24 gesê só ’n opruiming kan tydrowend ingewikkeld wees.

“Gewoonlik sal koolwaterstof gebruik word, maar in dié geval, omdat die lekkasie so groot is, sal heelwat absorbeermiddel gebruik moet word.

“Die grootste probleem sal egter wees dat die diesel in die vloere weggesyfer het. Dit is nie moontlik om diesel uit beton te kry nie. Dié beton sal uitgeslaan en vervang moet word, daar is geen ander manier nie.”

Maar Johan van Vuuren, omgewingsbestuurder van The Wastegroup, het ook aan News24 gesê die gevolge sal dalk nie so ernstig wees nie.

“Diesel veroorsaak nie noemenswaardige dampe nie omdat dit basies ’n olie is. Die probleem met oliegebaseerde besoedeling is dat dit geneig is om te penetreer.

“Maar dit is relatief maklik om op te ruim, afhangende van die soort oppervlak. As die vloer byvoorbeeld geteel is, kan dit opgeruim word deur ’n absorbeermiddel wat soos ’n kombers lyk,” sê Van Vuuren.

Meer oor:  The Wastegroup  |  Sauk  |  Radiopark-Gebou  |  Dieselstorting  |  Opruimingswerk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.