Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Radio-vrou vertel in boek: ‘Trok ry my in my m**r’

“ ’n Vragmotor het ’n rooi verkeerslig geskip en my basies in my m**r in gery.”

Met dié woorde het Irene Fischer (32), ’n voormalige omroeper by die radiostasie OFM, vertel hoe haar lewe ses jaar gelede onherroeplik verander het toe sy ernstige breinskade in ’n motorongeluk opgedoen het.

Sy was omstreeks 05:40 op 22 Oktober 2009 op pad na die ateljee om die verkeersnuus te lees toe die vragmotor, wat 25 ton meel vervoer het, in haar motor vasgery het.

Fischer was ses maande in die hospitaal en nog drie maande in ’n rehabilitasiesentrum waar sy onder meer weer moes leer loop.

Die ongeluk het haar ’n hemipleeg gelaat. Die linkerkant van haar gesig en die regterkant van haar lyf is verlam of verswak.

“Die regterkant van my lyf het darem weer ontdooi. Dit gebeur nie altyd nie,” het sy gesê.

Sy het Vrydag op ’n partytjie vir Suzanne Leyden, die Johannesburgse onderwyseres wat ’n jaar gelede deur ’n bakkie gesleep is, gesê die gewig van die vragmotor en sy vrag was die ekwivalent van ’n stormloop van vier olifante.

Hoewel sy permanente breinskade opgedoen het, skort niks met haar denke nie en het sy haar humorsin behou.

Fischer, wat deesdae ’n motiveringspreker is, het pas ’n boek, Ek is nog hier, uitgereik. Dit gaan oor die ongeluk, haar lang pad na herstel en haar lewe nou.

“Ek is meer vervuld. Ek is nie bly oor die ongeluk nie, maar bly oor my keuse om te veg.

“As iemand my ’n lewens-remote gee, sal ek nie my lewe rewind nie.”

Haar lewensdoel is nou om mense oor traumatiese breinbeserings op te voed.

“Omdat ek moeisaam praat, dink mense ek is dom.

They talk down to me,” het sy gesê.

Volgens haar weet mense in die algemeen min oor breinbeserings en is daar ’n “vieslike stigma” verbonde daaraan.

Daar wil sy meer bewustheid daaroor skep.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.