Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Ramaphosa ‘diep bedroef’ oor lewensverlies in Limpopo
Die toneel in Limpopo die afgelope naweek waarin 24 mense dood is.Foto: Verskaf

Pres. Cyril Ramaphosa het Maandag gesê dat hy diep bedroef is oor die dood van 24 mense Sondagaand in ’n motorongeluk op die R81-pad in Maphalle, Limpopo.

“Die dood van die mense is hartverskeurend. Dit is absoluut verwoestend om soveel jong mense só te verloor,” sê Ramaphosa luidens ’n verklaring.

Die president het sy medelye teenoor die oorledenes se geliefdes en families uitgespreek. “Ons gedagtes en gebede is met diegene wat in die ongeluk beseer is en ons wens hulle spoedige beterskap toe,” sê die president.

Kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder, het vroeër aan Netwerk24 gesê daar was omstreeks 22:00 Sondagaand ’n botsing tussen ’n bus en ’n Toyota Quantum-minibus op die R81-pad tussen Mooketsi en Giyani.

Buiten een, wat ernstig beseer is, is die 24 ander passasiers in die taxi almal op slag dood. Die bestuurder van die bus en twee passasiers het ernstige beserings opgedoen. Hulle is hospitaal toe gebring.

Dié ongeluk is die derde noodlottige ongeluk in Limpopo in die langnaweek. Ses mense is vroeër in ’n botsing tussen ’n BMW en ’n Mercedes-Benz op die R81-pad.

Daar was ook ’n botsing Saterdag tussen ’n bus en ’n bakkie op die R71-pad waarin twee mense in die bakkie dood is en 78 buspassasiers beseer is.

Meer oor:  Limpopo  |  Taxi-Ongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.