Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Ramaphosa hartseer oor verwoesting by Wuppertal
Die brand het historiese geboue in puin gelê. Foto: Verskaf

Pres. Cyril Ramaphosa het Maandag sy hartseer uitgespreek nadat ’n verwoestende brand Sondag gemeenskapsgeriewe en kulturele bates by Wuppertal, ’n Morawiese sendingstasie in die Wes-Kaap, in puin gelê het.

’n Wegholbrand het Sondag verwoesting onder talle huise, die stadsaal, skool, kliniek en winkel gesaai in dié prentjiemooi geskiedkundige dorpie wat in die Cederberge geleë is.

Na verneem word is meer as 200 inwoners weens die brand dakloos gelaat.

“Ons as nasie se hart gaan uit na die inwoners van Wuppertal wat verskriklike verliese gely het waaronder kulturele bates wat belangrik is vir alle Suid-Afrikaners, veral die Morawiese gemeentes in die Wes-Kaap,” sê Ramaphosa in ’n mediaverklaring.

Volgens Ramaphosa gaan die departement van plaaslike owerheid, kuns en kultuur saam met die Wuppertal-gemeenskap werk om verligting in die gebied te bring. Ramaphosa het ook die noodaksies, wat reeds deur verskeie gemeenskappe en organisasies van stapel gestuur is om die inwoners by te staan, geprys in ’n tyd waar hulle veronderstel was om fees te vier en te ontspan.

Meer oor:  Cyril Ramaphosa  |  Wupperthal  |  Medelye  |  Presidensie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.