Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Ramaphosa, Plato betuig medelye ná dood van grond-kommissaris

Pres. Cyril Ramaphosa en Dan Plato, burgemeester van Kaapstad, het hul meegevoel betuig teenoor die geliefdes van Beverley Jansen, die voormalige grondeisekommissaris in die Wes-Kaap. Jansen is Vrydag dood.

Sy was ’n aktivis wat teen die apartheidsregering geveg het. Sy is deur oudpres. Thabo Mbeki as grondeisekommissaris aangestel.

Sy het ook ’n deurslaggewende rol gespeel in die sukses van grondeise deur gemeenskappe soos Distrik Ses, Simonstad en die Richtersveld.

Ramaphosa sê in ’n verklaring dat Jansen onthou sal word vir haar verbintenis tot onderwys en die stryd teen apartheid in Ocean View, waar sy ’n aktivis vir behuising en maatskaplike geregtigheid was. Sy het ook die bekroonde Ocean View Development Trust gestig.

“Beverley Jansen was ’n fakkeldraer in ons stryd teen apartheid en sy het ná 1994 voortgegaan om ons gemeenskappe met onderskeiding te dien en met ’n passie om te sien dat ons Grondwet in die lewe van gewone Suid-Afrikaners verwesenlik word.”

Jansen, wat ook ’n skrywer was, was ’n finalis in die 1987 Heinemann African Writers Series-kompetisie.

“Ons sal haar mis as ’n staatmaker van maatskaplike geregtigheid en as ’n kreatiewe stem wat die ontberings, die kleurvolle en ingewikkelde ervarings en die onbesonge triomf van die mense tussen wie sy gewoon het, geskets het,” sê Ramaphosa.

Plato het op sy beurt ook sy medelye betuig met Jansen se familie en vriende.

Hy sê dat sy veral onthou sal word vir die werk wat sy gedoen het om gemeenskappe in die Kaap by te staan met hulle grondeise.

Hy sê Jansen was ook die laaste burgemeester van Vishoek in Kaapstad in 1995 en 1996.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.