Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Randall Wicomb sterf

Die bekende Afrikaanse sanger Randall Wicomb (66) is Sondagoggend oorlede.

Prostaatkanker is in 2013 by Wicomb gediagnoseer.

Verskeie bekendes het hul medelye op Twitter uitgespreek. 

Netwerk24 het vroeër in Desember berig dat Wicomb sy optredes vir die res van 2015 gekanselleer het omdat sy gesondheid “vinnig agteruitgegaan” het.

“Ek het die laaste tyd die kers aan albei kante gebrand. Ek is uitgebrand,” het Wicomb toe gesê.

Wicomb het die laaste tyd ’n besige program ná die bekendstelling van sy biografie, Kleur: My lewe, my lied.

Die Griekwapsalms Hie Neffens My en Die Rooi Rok is enkele van sy treffers.

Wicomb word oorleef deur sy drie kinders, Pierre-Henri, Koba en Saskia, en sy eksvrou, Kobá.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.