Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Randfontein: Nog dagsorgsentrums onwettig bedryf

Ses ouerpare het na vore gekom nadat ’n klag van aanranding in Augustus teen die eienaar van ’n dagsorgsentrum in Randfontein, wat intussen moes sluit, by die polisie aanhangig gemaak is.

Die dagsorgsentrum is uit dié huis in Randfontein bedryf. Foto: Werner Beukes

“ ’n Aanrandingsaak is geopen en ses verklarings is deur ses verskillende ouerpare (teen die dagsorgsentrum) afgelê,” het Motsamai Motlhaolwa, woordvoerder van die Gautengse departement van maatskaplike ontwikkeling, Maandag bevestig.

“Daar is sowat tien dagsorgsentrums in die Randfontein-omgewing wat, soos Myne Maatjies, nie oor ’n registrasiesertifikaat beskik of aan die munisipale regulasies voldoen nie en onregmatig bedryf word. Die departement werk aan sy webblad sodat dié wat wel geregistreer is aan die gemeenskap bekend gemaak word,” het Motlhaolwa gesê.

Die sluiting van Myne Maatjies kom nadat ’n video op sosiale media versprei is wat wys hoe kinders oënskynlik by dié sentrum, wat uit ’n huurhuis in Van der Stel-straat in Randfontein bedryf is, geklap, verjaag en rondgestamp word. Mariaan van Rensburg, die eienaar, en twee personeellede van die dagsorgsentrum is deur die polisie vir ondervraging ingeneem en later vrygelaat.

Van Rensburg, wat verskeie kere sonder enige sukses deur Netwerk24 gekontak is vir kommentaar, het in ’n video op Facebook erken dat sy ’n seun op die hande geslaan het nadat hy ’n ander kind in die gesig gekrap het.

Kol. Lungelo Dlamini, Gautengse polisiewoordvoerder, het Maandag gesê dat die saak teen Van Rensburg nog ondersoek word. “Die forensiese verslae moet eers afgehandel word voordat ’n aanklaer by die saak betrek word,” het Dlamini gesê.

* Ouers van Randfontein in samewerking met Bikers Against Bullies beplan om op 28 September ’n inligtingsessie oor boelies en kindermishandeling te hou.

Rig navrae by 076 406 8775.

Meer oor:  Myne Maatjies  |  Randfontein  |  Dagsorgsentrum
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.