Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Rapport se redakteur in ’90’s lief vir skryf én mense

Hy was ’n gebore joernalis wat ’n liefde vir skryf gehad het, sê Debbie Moolman oor haar man, Chris (79), oudredakteur van Rapport, wat Vrydagoggend in sy huis in Durbanville, Kaapstad, dood is.

Moolman was ook ’n voormalige assistentredakteur van Die Volksblad en Die Burger en redakteur van die gewese Oosterlig. Hy was

Chris Moolman (middel) in 1984. Foto: Hennie van Deventer

in die 1990’s redakteur van Rapport.

Hy het ook spanningsverhale geskryf soos Sweepslag, Spertyd vir moord, Boereplaas en Moordgrond.

Die ontstaansgeskiedenis van Rapport (’n samesmelting van Die Beeld en Dagbreek) is deur hom opgeteken in die boek Van baster tot bielie.

Hy was ook die skrywer van ’n humoristiese boek met politieke staaltjies, Politieke polfyntjies.

Sy gesondheid was die laaste jare sleg. Hy het gesukkel met sy hart, ’n stryd teen kanker gevoer en ná ’n beroerte drie jaar gelede nooit ten volle sy spraak en beweeglikheid herwin nie.

“Sy passie was altyd joernalistiek, maar hy het latere jare al sy aandag aan skryfwerk gegee toe sy loopbaan in die koerantwese tot ’n einde gekom het,” sê Debbie.

“Hy het gedurig gelees en hy was geweldig passievol oor die dinge in die land wat nie reg was nie.”

Debbie sê sy kollegas het hom dalk as streng beleef, maar hy het geweldig baie omgegee vir sy personeel.

Hulle was 57 jaar getroud.

“Chris het altyd vir my gesê ek is sy beste vriend. Ons vriendskap was een van die beste dinge in die lewe.”

Hul seun Francois (54) se dood verlede jaar ná ’n hartomleiding “het vir Chris klaargemaak”.

“Hy kon nie Francois se dood verwerk nie.”

Debbie is geweldig trots op haar man vir die diep spore wat hy in die joernalistiek getrap het.

Hennie van Deventer, oudredakteur van Volksblad, sê: “Chris, of ‘Molie’, soos ons hom geken het, sal altyd deur sy kollegas as ’n kranige joernalis onthou word. Hy was ’n knap, vinnige en harde werker met ’n gesonde oordeel en eerbied vir die beste joernalistieke standaarde en waardes.

“Ek sal hom onthou as vertroueling en stimulerende gespreksgenoot.”

Meer oor:  Debbie Moolman  |  Chris Moolman  |  Sterfgeval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.